On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein ma kry 15 jaar vir gifmoord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:00 Fri, 02 Aug 2024

Bloemfontein ma kry 15 jaar vir gifmoord | News Article
Ter illustrasie. Foto: Canva

“Toe die pa van die werk af kom, het hy die kinders siek by die huis aangetref, waarna die ma teenoor hom erken het dat sy hulle vergiftig het.”

’n Ma van Bloemfontein is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op haar minderjarige kind nadat sy haar opsetlik vergiftig het. 

Die ma (32) is Woensdag (31/7) skuldig bevind aan moord en poging tot moord op haar kinders, sê Mojalefa Senokoatsane, Vrystaatse en Noord-Kaapse NVG-woordvoerder.

Die vrou, wat by ’n kettingwinkel in die stad gewerk het, sal die vonnisse van 15 jaar vir moord en 15 jaar vir poging tot moord gelyklopend uitdien.

‘Die vierjarige het aan die gif beswyk’

Volgens Senokoatse het die ma op 8 Augustus 2023 vir haar twee kinders kos berei toe sy vir hulle ingemaakte vis gegee het wat met organofosfaat besmet is, ’n stof wat in insekdoder voorkom.

“Toe die pa van die werk af kom, het hy die kinders siek by die huis aangetref, waarna die ma teenoor hom erken het dat sy hulle vergiftig het. Hulp is ontbied en die kinders is na die hospitaal gehaas,” sê Senokoatse.

Die vierjarige het aan die gif beswyk, maar die tienjarige dogter, vir wie die ma ook probeer vergiftig het, het oorleef. Die ma is daarna in hegtenis geneem en aangekla van die moord op haar jongste en poging tot moord op haar ander kind.

‘Ouers word aangeraai om nie kinders te laat braak nie’

Om die identiteit van haar oorlewende dogter te beskerm, word die ma se naam ingevolge wetgewing weerhou.

Volgens Better Health is daar spesifieke simptome om na op te let indien jy vermoed dat jou kind gif ingekry het, soos ’n seer keel, probleme met asemhaling, lomerigheid, naarheid, braking of maagpyn sonder koors.

Die kind se lip sal moontlik vol sere of blase wees, of brand. Kinders kan ook meer kwyl as gewoonlik of hulle asem sal vreemd ruik.

Ouers word ook aangeraai om nie kinders te laat braak nie, en so gou moontlik by die dokter uit te kry.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.