Central SA
Klerksdorp-tiener steeds vermis ná sy uit kinderhuis wegloop─── ZENANDE MPAME 12:58 Thu, 01 Aug 2024
“Toe ons haar laas gesien het, het sy haar skooldrag aangehad.”
Die ouers van ’n tiener is bekommerd nadat sy weggeloop het uit ’n kinderhuis in Klerksdorp, en daar nog nie weer van haar gehoor is nie.
Die 16-jarige meisie is Vrydag (26/7) laas gesien toe sy die kinderhuis verlaat het. Sy het van toe af geen kontak met haar ouers of vriende gemaak nie. Die tiener is laas gesien in haar skooldrag. Dis onbekend of sy intussen ander klere aangetrek het.
“’n Saak van ’n vermiste persoon is by die polisiekantoor aanhangig gemaak en ons soek oral na ons dogter,” sê haar ma. “Ek en haar pa woon op Orkney en ons is siek van bekommernis oor haar.
‘Ek wens sy kon terugkom huis toe’
“Die polisie en die gemeenskap doen hul bes om my dogter op te spoor; ek mis haar baie en ek wens sy kon terugkom huis toe, haar broers en susters mis haar so baie.”
“The Pink Ladies raai mense aan om wanneer iemand vermis word, óf iemand voel dat daar iets fout is, óf dat iets met hulle gebeur het, in gedagte te hou dat daar geen wagtydperk is om die polisie te nader nie,” sê Jacqui Thomas, The Pink Ladies-stigter en -direkteur.
- Die eerste ding om te doen, is om alles na te gaan in die omgewing waarin hulle vermis geraak het, en ’n vyfpuntsoektog uit te voer: noord, suid, wes, oos en vanaf die plek waar die persoon laaste gesien is. Maar moenie te veel tyd daaraan afstaan nie, veral as dit ’n kind is, aangesien die eerste uur deurslaggewend is.
- Maak kontak met hul vriende en rapporteer dadelik aan die polisie, veral as jy voel dat iets met hulle gebeur het of hulle die een of ander soort leed aangedoen is, veral kinders.
- Dit is belangrik om die organisasie te laat weet of die kind of volwassene een of ander afhanklikheid van drank en dwelms het, of hulle aan demensie ly of een, of ’n ander mediese toestand wat hul welstand en hul gemoedstoestand kan beïnvloed.
- Al sal dit nie gepubliseer word nie, sal kennis geneem word dat hulle kwesbaar is en dat mense hulle versigtig moet behandel as hulle hulle raakloop.
* Die meisie is gevind en daarom word sy nie meer in beriggewing geïdentifiseer nie. Kragtens die Kinderwet is haar naam en foto's verwyder.
OFM Nuus/Zenande Mpame mvh dg