On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Pa gevonnis ná hy sy minderjarige seun in Bloemfontein verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:29 Tue, 09 Jul 2024

Pa gevonnis ná hy sy minderjarige seun in Bloemfontein verkrag | News Article
Foto: iStock

“Die minderjarige seun het aan sy ma vertel dat sy pa hom aan die agterkant van sy liggaam seergemaak het, en toe vir sy ma gewys wat sy pa gedoen het.”

’n Pa van Mangaung het tronkstraf gekry nadat hy sy minderjarige seun verkrag het.

’n 32-jarige pa is Maandag (9/7) tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting van sy sewejarige seun, sê kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder.

“Op 17 September 2023, omstreeks 22:00, het die minderjarige seun aan sy ma vertel dat sy pa hom aan die agterkant van sy liggaam seergemaak het, en toe vir sy ma gewys wat sy pa gedoen het.”

‘Die dokter het bevestig dat die seun seksueel aangerand is’

Volgens Earle het die ma, wat baie geskok was deur die pa se optrede, haar seun na ’n dokter vir ’n mediese ondersoek geneem. “Die dokter het bevestig dat die seun seksueel aangerand is, en ’n saak is by die Bloemspruit-polisiestasie aangemeld en na die Mangaung-eenheid vir gesinsgeweld en seksuele misdrywe geneem.”

Die verdagte is die dag ná die insident in hegtenis geneem en gearresteer.

In ’n soortgelyke voorval is ’n man van Williston in die Noord-Kaap op 4 Junie 28 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n minderjarige familielid verkrag het.

Danksy Calvinia se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe se deeglike werk, is Arrie van Wyk (52) lewenslange tronkstraf opgelê in die Williston-streekhof, sê sers. Timothy Sam.

“Van Wyk is skuldig bevind aan verkragting nadat hy op 27 Junie 2023 ’n 17-jarige meisie verkrag het. Die slagoffer het van ’n vriend se huis af gestap toe die beskuldigde, wat haar oom is, haar na sy huis genooi het.”

Volgens Sam het Van Wyk die slagoffer met ’n mes gedreig waarna hy haar verkrag het.

Van Wyk is tot 28 jaar gevangenisstraf gevonnis vir verkragting waarvan ses jaar vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort is. “Daar is ook opdrag gegee dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word en hom onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit,” sê Sam.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.