On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Man van Carnarvon gevonnis ná seksuele aanranding van kleuter

───   HEIDRÈ MALGAS 12:58 Mon, 08 Jul 2024

Man van Carnarvon gevonnis ná seksuele aanranding van kleuter  | News Article

“Hy het die meisie gesoen en haar betas.”

’n Man (44) is in die streekhof in De Aar tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis vir die seksuele aanranding van ’n sesjarige meisie. 

"Die meisie het op 11 November 2023 by haar ouma in Carnarvon gekuier waar die beskuldigde herstelwerk in die badkamer gedoen het. Hy het die meisie gesoen en haar betas," sê Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder.

"Kort ná die besoek het die kind haar ma daarvan vertel."  Die voorval is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is in hegtenis geneem. Hy is later op borgtog vrygelaat.

Sy vonnis is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie in hierdie tydperk aan dieselfde misdaad skuldig bevind word nie. Sy naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders aangeteken word.

‘Hul tweejarige kind is teen 'n muur gegooi’

In 'n ander voorval is Romeo van Wyk (27) op 5 April 2024 in die Carnarvon-streekshof skuldig bevind dat hy sy vriendin (27) aangerand en hul tweejarige kind teen 'n muur gegooi het

"Die hof het 'n ses jaar gevangenisstraf opgelê. Dit is, geheel en al opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie in hierdie tydperk enige soortgelyke misdade pleeg nie," sê Timothy Sam, polisiewoordvoerder.

In 'n onverwante voorval het Bianca Neels op 21 Augustus 2023 haar vierjarige seun aangerand. Sy is aangekla van poging tot moord weens die ernstige beserings wat hy opgedoen het. Sy is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Die beskuldigdes se name is opgeneem in die nasionale register vir kindersbeskerming. Hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.