On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Hooggeregshof beslis Bloemfonteinse dieretuin moet aan voorwaardes voldoen

───   ZENANDE MPAME 16:29 Fri, 04 Oct 2024

Hooggeregshof beslis Bloemfonteinse dieretuin moet aan voorwaardes voldoen | News Article
Die Bloemfonteinse dieretuin bly voorlopig gesluit. Foto: Facebook/Destea

“Die Mangaung Metro mag nie enige wilde of eksotiese diere sonder die nodige permitte ontvang nie.”

Die Vrystaatse hooggeregshof het die Bloemfonteinse dieretuin verbied om te heropen tensy hy aan sekere voorwaardes voldoen. Daar is op 19 September beslis die Mangaung Metro mag nie enige wilde of eksotiese diere sonder die nodige permitte ontvang nie. 

Die dieretuin word ook beperk om enige bedreigde of beskermde diere te ontvang tensy permitte ingevolge die regulasies vir bedreigde of beskermde spesies toegestaan is. Die hofbevel bepaal ook die dieretuin kan nie heropen as daar nie ’n behoorlike begroting is om dit wettig en volhoubaar te bedryf nie.

“Ons is natuurlik verheug en ek dink dit is ’n oorwinning vir die beskerming van diere oor die land heen. Dit was van die begin af duidelik dat dierewelsyn nie in die besluit in ag geneem is nie,” sê Jacques Peacock, woordvoerder van die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings.

Hy sê die doel van die heropening was om ’n inkomste vir die sukkelende metro te genereer. Daar is geen plek meer vir outydse instellings soos dieretuine wat geen opvoedkundige waarde vir bewaringsdoeleindes inhou nie. Die DBV beywer hom vir ’n wêreld waar diere vry is om hul natuurlike gedrag in hul mees natuurlike omgewings uit te leef, sê Peacock.


“Ons is die Vrystaatse hooggeregshof dankbaar vir hierdie besluit wat nog ’n belangrike stap in die voorkoming van wreedheid teenoor diere is. As jy kyk na die toestand van die Bloemfonteinse dieretuin is ons bly die metro het tot sy sinne gekom.”

Die dieretuin het in 2019 gesluit nadat klagtes van die publiek  ontvang is oor die versorging van die diere. Foto's van die dieretuin is wyd op sosiale media versprei. AfriForum het in Desember 2022 stappe gedoen om te verseker die dieretuin word nie deur hawelose mense beset nie.

“Ons is vasberade dat Destea nie enige permitte in goeder trou kan uitreik tensy beduidende veranderinge by die dieretuin aangebring word nie.”

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.