On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Mangaung-inwoners omgekrap oor 12,72%-styging in elektrisiteitstariewe

───   HEIDRÈ MALGAS 12:06 Mon, 08 Jul 2024

Mangaung-inwoners omgekrap oor 12,72%-styging in elektrisiteitstariewe | News Article
Die eerste fase van sagteware-opgraderings in voormalige Naledi- munisipale gebiede is voltooi. Foto verskaf

“Inwoners se pogings om straatlig- en kragprobleme aan te meld deur Centlec se oproepsentrum blyk dikwels tevergeefs te wees.”

KOEPON-IDENTIFISEERDER (KID) VIR OMSKAKELING
 
 INLEIDING 

CENTLEC (MSB) BPK begin tans met die inisiatief om voorafbetaalde metersagteware op te gradeer deur die meterkodering te verander volgens die internasionale koepon-identifiseerder, vir die omskakeling wat alle voorafbetaalde kliënte wêreldwyd in die gesig staar.

Die huidige metersagteware sal na verwagting in die jaar 2024 verval, en enige meter wat nie teen 24 November 2024 geherkodeer is nie, sal nie voorafbetaalde koepons kan laai nie. Dit sal kliënte sonder elektrisiteitstoevoer laat.

Wat is die Koepon-identifiseerder (KID)?

Die Koepon-identifiseerder (KID) is ’n koepon-identifikasiekode wat gebruik word om elke koepon wat gegenereer word, uniek te identifiseer.

Die 12,72%-verhoging in elektrisiteitstariewe wat op 1 Julie in werking getree het, het inwoners omgekrap omdat hulle nou meer betaal vir onbetroubare diens.

Terwyl Suid-Afrika  meer as 100 dae sonder beurtkrag is, is die gemoedstemming in die Mangaung-metro allesbehalwe feestelik. Inwoners ervaar gereeld kragprobleme en is toenemend ontevrede met Centlec, sê Dirk Kotzé, DA-raadslid.

‘Boetes hou verband met regstellings van tariewe’

Hy sê op 1 Julie het verwarring en paniek ontstaan toe inwoners elektrisiteit by kleinhandelaars of deur hul bank-apps gekoop het en onverwags “agterstallige boetes” gekry het. Hierdie boetes hou verband met regstellings van tariewe en dit het baie inwoners laat glo dat hulle agterstallig was met ander munisipale tariewe.

Die DA het verskeie veiligheidskwessies uitgelig en blameer Centlec se nalatigheid. Straatligte bly vir weke stukkend en lei tot meer inbrake en padongelukke in die aand. Oop verspreidingsubstasies wat ná onderhoud sonder toesig gelaat word, het maklike teikens geword vir misdadigers wat kragkabels ens. steel.

“Inwoners se pogings om straatlig- en kragprobleme aan te meld deur Centlec se oproepsentrum blyk dikwels tevergeefs te wees. Verslae word gereeld as opgelos gemerk ten spyte van voortgesette probleme wat inwoners en raadslede gefrustreerd laat,” sê hy.

Centlec het in Mei begin met die omskakeling van koepon-identifiseerders (KID). Foto verskaf

Kotzé sê Centlec se beplande kragonderbrekings is onvoorspelbaar en dit dra tot die frustrasie by. Kennisgewings verskaf dikwels twee moontlike datums vir onderbrekings wat dit moeilik maak vir inwoners om voor te berei. Soms hou Centlec nie by die geskeduleerde tye nie en swak onderhoud lei tot bykomende kragonderbrekings of infrastruktuurskade ná herstelwerk.

Centlec het ook einde Mei  met die omskakeling van koepon-identifiseerders (KID) begin. Inwoners het gesukkel met hierdie omskakeling omdat sommige van die voorafbetaalde meters oud was en vervang moes word. Daar was ook nie ’n kontakpersoon om hulle te help nie.  

In reaksie op die aantygings deur die DA, sê Lele Mamatu, Centlec-woordvoerder, dat Centlec die eerste fase van sagteware-opgraderings op meters in voormalige Naledi- munisipale gebiede suksesvol voltooi het vanaf 1 Junie 2023. Ten spyte van aanvanklike uitdagings het die toewyding van Centlec se personeel die projek se sukses verseker en alle meterverwante probleme is opgelos.

Centlec sê sy personeel is toegewyd om die projek se sukses te verseker. Foto verskaf

Hy sê die tweede fase het op 31 Mei in Botshabelo, Thaba Nchu, en Bloemfontein begin met meer komplekse uitdagings weens die groter gebied. Vorige ondervinding het gehelp om probleme wat tydens dié KID-omskakeling in Mangaung ondervind is, op te los.

Centlec se oproepsentrum is oorval deur klagtes oor die opdatering van meters. 

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.