On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sentraal-Suid-Afrika vier Vadersdag – kinders stuur warm, liefdevolle boodskappe

───   HEIDRÈ MALGAS 07:42 Sun, 16 Jun 2024

Sentraal-Suid-Afrika vier Vadersdag – kinders stuur warm, liefdevolle boodskappe | News Article
Vaderlike teenwoordigheid en betrokkenheid in die lewens van kinders is ’n kritieke kwessie. Foto: Unsplash/Juliane Liebermann

“Die huishouding waarin [kinders met ’n pa] grootword, is waarskynlik beter af – hul moeder sal waarskynlik bevestiging en hulp in haar rol ervaar.”

Vadersdag word wêreldwyd gevier en hierdie besonderse dag bring hulde aan pa’s, sowel as vaderskap, vaderlike bande en die invloed van vaders in die samelewing.

OFM-luisteraars, jonk en oud in Sentraal-Suid-Afrika, deel hul Vadersdagboodskappe met ons.

Qurrah Jansen en haar pa, Salim Alexander. Foto verskaf

Qurrah Jansen (3) van Bloemfontein het haar pa en haar oupas ’n baie gelukkige Vadersdag toegewens en genoem dat sy baie lief is vir hulle. 

Ashlyn (14), Tamlyn (11) en Cayron Matsabi (6) by hul pa, Ashwill. Foto verskaf

Drie sibbe van Kimberley, Ashlyn (14), Tamlyn (11) en Cayron (6), wens hul pa, Ashwill Matsabi, ’n gelukkige Vadersdag toe en sê hy moet sy dag geniet. 

Zetske Williams  en haar pa, Pieter van Wyk. Foto verskaf

Zetske Williams (22) van Welkom het grappend gesê haar pa het ’n redelik goeie werk gedoen omdat sy redelik goed uitgedraai het.

Theo van Wyk (27), oorspronklik van Upington, vier vanjaar sonder sy pa. Hy wens sy pa alles van die beste toe, al sal hy in Bloemfontein wees en sy pa in Upington.

Katelynn Crew en haar familie. Foto verskaf

Katelynn Crew (11) van Kimberley wens ook haar pa ’n gelukkige Vadersdag toe en sê sy is baie lief vir hom. 

“’n Betrokke vader, wat tuis woon, kan ’n groot verskil maak in die lewe van ’n jong kind in Suid-Afrika.

“Die huishouding waarin hulle grootword, is waarskynlik beter af, hul moeder sal waarskynlik bevestiging en hulp in haar rol ervaar, en hul voeding, gesondheidsorg en skoolopleiding word waarskynlik aangemoedig en ondersteun.” Dit is volgens ’n studie deur prof. Linda Richter van die Departement van Wetenskap en Tegnologie/Nasionale Navorsingstigting in Menslike Ontwikkeling aan die Universiteit van die Witwatersrand.

’n Betrokke pa, wat tuis woon, kan ’n groot verskil maak in die lewe van ’n jong kind. Foto: Unsplash/Mohamed Awwam

Hulle sal sy beskerming geniet en baat by sy posisie in die gemeenskap. Bowenal sal hulle die plesier hê om liefde te ontvang en te gee in wat wêreldwyd ’n argetipiese verhouding is tussen vader en kind.

Die meeste van Suid-Afrika se kinders is egter nie so gelukkig nie. Suid-Afrika het die hoogste egskeidingsyfer, ook die laagste voorkoms van huwelike op die vasteland, die tweede hoogste syfer van vaderlike afwesigheid in Afrika naas Namibië, lae syfers van vaderlike onderhoud vir kinders, en skokkende hoë syfers van mishandeling en verwaarlosing van kinders deur mans.


Baie van vandag se jong pa’s praat hartseer oor die feit dat hulle hul eie pa nooit geken het nie en erken dat hulle ervaring en leiding oor vaderskaprolle en verantwoordelikhede ontbreek.

In hierdie lig is vaderlike teenwoordigheid en betrokkenheid in die lewens van kinders ’n kritieke kwessie vir sosiale beleid en programme.

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.