On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Bejaarde moordverdagtes bly in aanhouding

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:32 Mon, 03 Jun 2024

Bejaarde moordverdagtes bly in aanhouding | News Article
Foto: iStock

Die slagoffer, wat kopbeserings opgedoen het, is per ambulans na die hospitaal vervoer, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Die twee bejaardes wat van moord aangekla word ná ’n wrede voorval naby Brits in Noordwes, moet weer Vrydag (7/6) in die hof verskyn.

Die beskuldigdes, Jeremiah Mmatli (75) en Daniel Madumo (92), het Maandag (3/6) in Brits se landdroshof voorgekom op aanklag van die moord op Godfrey Thema Motsepe (80). Al drie het in dieselfde tehuis vir bejaardes gewoon.

 “Na bewering het ’n bakleiery omstreeks 04:00 tussen die verdagtes en slagoffer ontstaan ná ’n woordewisseling. Die verdagtes was glo op pad badkamer toe, toe die slagoffer, wat net uit die badkamer gekom het, glo een van die verdagtes gestamp het.

‘Die ander verdagte het toe (na bewering) ook die bejaarde man aangerand’

“Een van die verdagtes het toe glo die slagoffer met sy krukke begin slaan, waarna die ander verdagte toe (na bewering) ook die bejaarde man aangerand het,” sê Funani.

Die eienaar van die ouetehuis is in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is. Die rede vir die woordewisseling is nie bekend nie.

Die slagoffer, wat kopbeserings opgedoen het, is per ambulans na die hospitaal geneem, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Lt.kol. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het sy skok uitgespreek en sy meegevoel met die naasbestaandes van die slagoffer betuig.

‘Die boer het hulle egter agternagesit en op hulle begin skiet’

Intussen is ’n bejaarde Vrystaatse boer Sondag (26/5) in hegtenis geneem nadat hy glo ’n jong man geskiet het.

Beslag is gelê op die boer (82) van Ladybrand se vuurwapen.

Na bewering het die slagoffer (18) en sy vriend (19) van ’n ander plaas in die distrik Vrydag omstreeks 20:30 op die plaas gejag toe hulle deur die verdagte gekonfronteer is, sê Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder.

“Die boer het hulle glo gevloek waarna hulle met hul motor weggejaag het. Die boer het hulle egter agternagesit en op hulle begin skiet. Die 18-jarige wat bestuur het, is in die rug en skouer geskiet,” sê Mophiring.

Die vriend het verder bestuur en na hul plaas gery waar die man se oom met hom na ’n hospitaal in Bloemfontein gejaag het.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.