On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Jan Kempdorp-inwoners siek en sat vir rioolvuil in hul erwe

───   ZENANDE MPAME 12:42 Wed, 24 Apr 2024

Jan Kempdorp-inwoners siek en sat vir rioolvuil in hul erwe  | News Article
Townships naby Jan Kempdorp word deur rioolvuil oorstroom. Foto: Youtube/SABC News

“Inwoners sê die stank is so ondraaglik dat hulle nie kan eet nie en dit veroorsaak ook asemhalingsprobleme.”

Inwoners van townships by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap is bekommerd oor die rioolvuil wat deur hul huise en erwe loop. Hulle is ook bekommerd oor die gesondheidsrisiko’s en die stank van die onverwerkte rioolvuil. 

“Die Phokwane-munisipaliteit beplan om die aanleg op te knap en die koste sal R34 miljoen beloop. Die projek is voorlopig goedgekeur en die munisipaliteit wag net vir die toekenning van befondsing,” sê Estelle Davies, VF Plus-raadslid.

“In hierdie stadium is die instandhouding net ’n daaglikse projek op ou pype en dit is nie volhoubaar nie.”

‘Inwoners moet intussen die stank verduur’

Die SAUK berig die munisipaliteit sê projekte om die probleem op te los sal teen September afgehandel wees.  Intussen moet inwoners in talle gebiede die stank verduur totdat ’n permanente oplossing gevind word.

Gevra hoe die munisipaliteit beplan om soortgelyke probleme met infrastruktuur te voorkom, het Davies gesê: “Wel, daar was nie ’n duidelike plan nie, maar ek sou sê dat goed opgeleide en gekwalifiseerde operateurs en bestuurders nodig is om die werkomstandighede van die suiweringsaanleg te handhaaf.”

’Stank is so ondraaglik dat hulle nie kan eet nie’

Inwoners sê die stank is so ondraaglik dat hulle nie kan eet nie en dit veroorsaak ook asemhalingsprobleme. Baie van die inwoners het hul huise verlaat omdat hulle nie die stank kon verduur nie, berig die SAUK.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.