On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Elektriese gevare gedurende swaar weer

───   11:01 Tue, 28 Nov 2023

Sponsored11:01 Tue, 28 Nov 2023
Elektriese gevare gedurende swaar weer | News Article

Baie mense mis die moontlikheid van elektriese gevare wanneer dit oorstroom, en dit kan ernstige gevolge tot gevolg hê. Tydens swaar weer kan Eskom-infrastruktuur soos kraglyne omval en lewendige elektriese drade kan grond toe gaan.

OFM Inhoudsbestuurder Elzette Boucher-Kruger het met Eskom se Stephanie Jansen van Rensburg gepraat om meer uit te vind. Luister hier: 

Water en elektrisiteit is ‘n gevaarlike kombinasie – buite en in huise. Waterskade nie die enigste gevolg van swaar reëns nie – vloede beskadig ook kraginstallasies. Water is ‘n geleier van elektrisiteit en dit is hoekom daar ‘n groter kans is vir kragverwante beserings tydens swaar reëns. Indien ‘n stukkende of ongeseëlde kragdraad raak aan water, sal die water die elektrisiteit gelei op daardie draad of kabel. As mens dan in aanraking kom met daardie draad en die water, kan jy ernstig beseer of selfs doodgeskok word.

Baie mense dink gladnie aan elektriese gevare wanneer daar vloede is nie, en dit kan ernstige gevolge meebring. Eskom se kraglyne kan omval in groot storms en dan is die lewendige drade op of naby die grond. Indien dit hoogspanningslyne is, kan enige kontak met die lyne mense en diere doodskok. Die goue reël tydens en na groot storms is dat mense op die uitkyk moet wees vir kraglyne wat omgeval het, en almal moet dan wegbly van hierdie lyne en dit by Eskom of die munisipaliteit aanmeld sodat tegniese spanne uitgestuur kan word om die lyne reg te maak. Motors kan ook gly op die nat paaie en dan vasry in kragpale, wat veroorsaak dat die kraglyne laag hang, en dit is dan ‘n risiko omdat mense of diere aan die lyne kan raak.

Kyk asseblief in jou huis of buite vir enige beskadigde of swak geïsoleerde drade wat in kontak kan kom met water wanneer dit reën. Kry dan ‘n elektrisiën om daardie drade reg te maak en rapporteer drade in die straat aan Eskom of jou munisipaliteit. So beskerm jy jouself en jou geliefdes.

Eskom is te alle tye bedag daarop om geen mens skade aan te doen nie, en moedig almal aan om meer aktief onveilige drade en kraglyne wat laag hang aan te meld by 0860 37566.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.