Central SA
Vermiste vrou van Kimberley terug by huis─── 10:32 Thu, 14 Sep 2023
![Vermiste vrou van Kimberley terug by huis Vermiste vrou van Kimberley terug by huis | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/0c5a6ef6-09d8-41aa-bae0-3b56057018c7.jpg?crop=0,70,619,418)
Vermiste vrou is met haar familie verenig.
Die polisie van Kimberley het Donderdag bekend gemaak dat die vermiste Hei-Monique van der Westhuizen, wat sedert Maandag (11/9) vermis was, teruggekeer het huis toe en met haar familie verenig is.
Van der Westhuizen (29) is deur ’n vriendin as vermis aangegee nadat sy laas in die woonbuurt van Beaconsfield opgemerk is.
“Die polisie wil die media en betrokkenes wat haar veilige terugkeer verseker het, bedank,” sê sers. Timothy Sam, polisiewoordvoer.
Meer besonderhede is nie bekend nie.