On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Angelique Hayward (11) al 5 dae vermis

───   13:07 Fri, 11 Aug 2023

Angelique Hayward (11)  al 5 dae vermis  | News Article
Foto: pinkladies.org.za

Angelique Bejanka Hayward (11) van Vereeniging se ma, Jesika Botha, sê die onsekerheid oor waar haar kind is, is iets verskriklik.

Angelique ’n gr 5.-leerling aan die Laerskool Handhawer is Maandag tussen 07:15 en 07:30 by die skool gesien. Sy is vermoedelik weg saam met ’n 43-jarige man wat sy ken. Intussen het hy spoorloos verdwyn en is sy selfoon ook af.

Botha sê dit is ’n verskriklike moeillike tyd en sy sal enigiets doen om haar kind terug te kry. "Jy is magteloos en desperaat en dit voel of elke pad in ’n doodloopstraat eindig.”

Angelique Howard word reeds vyf dae vermis. Foto: missingchildren.org.za

Botha sê hul gesin het vantevore ’n plek gehuur. Thinus Swanepoel het ook op die perseel gewoon. Botha en haar kinders het sowat vier weke gelede na ’n nuwe plek verhuis. Sy sê sedert hulle daar weggetrek het, het hy boodskappe gestuur waarin hy haar gedreig en na bewering gesê het dat hy vir Angelique by die skool sal kom vat. Sy beklemtoon dat sy nie die oggend van die voorval by die skool was nie en self nie gesien het wat gebeur het nie, maar dat ooggetuies aan haar bevestig het dat Swanepoel al vroeg die oggend voor die skool was.

Die organisasie, Pink Ladies, staan die familie by in die soektog. Daar word vermoed dat Angelique dalk in die omgewing van Leeuhof of Sonlandpark kan wees.

Die polisie het die saak van ’n vermiste persoon aan OFM bevestig en sê die ondersoek duur voort. Hulle kon geen verdere inligting verskaf nie.

OFM Nuus/ Karen van der Berg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.