On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Verkeerdevlei: Vroueboere kry borgtog ná polisie se beweerde magsmisbruik

───   HEIDRÈ MALGAS 16:09 Wed, 02 Aug 2023

Verkeerdevlei: Vroueboere kry borgtog ná polisie se beweerde magsmisbruik | News Article
Twee vroueboere van Verkeerdevlei in die Vrystaat is op borgtog vrygelaat. Foto: Facebook

Twee vroueboere van Verkeerdevlei in die Vrystaat is vrygelaat op borgtog deur die Brandfort-landdroshof nadat hulle en 'n ander boer ’n siviele inhegtenisneming wou uitvoer op vermeende veediewe, maar self in hegtenis geneem is.

Die sosialemediapersoonlikheid Willem Petzer het op sy Facebook-blad vanaf die hof gesê dat een van die vermeende veediewe wat deur die meisies gearresteer is, buite die hof gestaan en geprotesteer het teen hul borgtog met sy "Black Lives Matter"-plakkaat. Die vroueboere was drie dae in aanhouding terwyl die polisie die vermeende veedief na bewering skotvry laat loop het.

Verder sê Petzer die Verkeerdevlei-polisie het die Valke ontplooi toe hulle vandag buite die hof was, omdat hulle beweer het die “boere beset die polisiestasie gewelddadig”.

Die VF Plus se Pieter Groenewald sê die drie boere het vandag in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, aanranding en regsverydeling.

Vermeende veediewe het buite die hof gestaan en protesteer teen borgtog met sy "Black Lives Matter"-plakaat. Foto: Facebook

“Dit het gevolg ná ’n poging van die vroue om ’n siviele inghegtenisneming uit te voer op ’n man en sy twee tienerseuns wat van veediefstal verdink is. Die man het gevlug en twee skote is geskiet. Die man is nie getref nie,” sê Groenewald.

Verder herinner hierdie voorval Groenewald aan die bloulig-saak waar hy meen die polisie ’n skrikbewind gevoer het teen die publiek terwyl misdadigers en veediewe oënskynlik sonder vrees optree.

Een van die vroue wat in hegtenis geneem is. Foto: Facebook


Petzer het gesê nadat die vroue in Verkeerdevlei vrygelaat is, het ’n paar van die betogers “struggle songs” begin sing.

'n Paar van die boere het glo nader gestap en die singery doodgeskree.

OFM Nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.