On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Relebeletse Primary School spog met nuwe sportveld

───   HEIDRÈ MALGAS 15:02 Tue, 18 Jul 2023

Relebeletse Primary School spog met nuwe sportveld | News Article
St. Andrews het ’n deel van hul rugbyveld se gras aan die Relebeletse Primary School geskenk. Foto's: Verskaf

Die St. Andrew's skool in Bloemfontein het met ’n uitreikingsprojek begin wat daartoe gelei het dat die terrein by die Relebeletse Primary School nou ’n sportveld is.

Die skool het ’n deel van hul rugbyveld se gras aan die Relebeletse Primary School geskenk.

"Ons glo daaraan om terug te ploeg in die gemeenskap," het Rudd gesê.

Die skoolhoof van St. Andrew's, Ronald Herman Rudd, sê dat daar verskeie logistieke struikelblokke was, soos die hervestiging van die besproeiingstelsel en om die terrein voor te berei. Die gemeenskap het gehelp om die toerusting en die gras na die laerskool te vervoer.

Een van die verskeie struikelblokke was die hervestiging van die besproeiingstelsel.

“Die Relebeletse-gemeenskap se vreugde was tasbaar en die munisipaliteit het gehelp met die graderingsdienste. Dit het die skep van die sportveld vergemaklik,” sê hy. Die doel van die projek is om leerders toegang te gee tot ’n sportveld wat sokker en rugby ondersteun.

'n Ander struikelblok was om die terrein voor te berei.

"Ons glo daaraan om terug te ploeg in die gemeenskap," sê Rudd met verwysing na John F. Kennedy se bekende leuse, “To whom much is given, much is expected". Rudd sê die twee skole sal saamwerk om uitreikingsprogramme voort te sit. Dit sluit in die aflewering van kos en skoene, asook om onderwysers uit te ruil.

Die gemeenskap het gehelp om die toerusting en die gras na die laerskool te vervoer.

’n Astrobaan word ook later vanjaar by St. Andrews beplan.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.