Central SA
Boer koop Boerie teen R10 000 vir liefdadigheid─── HEIDRÈ MALGAS 15:43 Wed, 28 Jun 2023
In die klein dorpie Hartswater in die hartjie van Suid-Afrika het 'n gemeenskap saamgekom om 'n liefdadigheidsprojek te ondersteun.
Jaco Strauss, ’n plaaslike inwoner, het ’n boerewors-rol vir ’n allemintige R10 000 gekoop.
Die ongelooflike daad van goedhartigheid het plaasgevind as deel van ’n liefdadigheidsinisiatief wat deur OFM, die klank van jou lewe, en Round Table Harts 186 Klubhuis in samewerking met die Pieter Hamman Skool aangebied is. Dié skool wil nog ’n klaskamer bou.
OFM, die klank van jou lewe, sal die geld wat ingesamel word aan die Round Table in die dorp skenk.
Strauss het die stasie gebel en die skenking vir die boerie gemaak.
Strauss het OFM, die klank van jou lewe, en Round Table Harts 186 Klubhuis bedank vir die inisiatief om ons medemens te help en om vir hulle te sorg, vir die onderrig van ons kinders en ook om almal warm te hou.
Hy het sy vriende uitgedaag om dieselfde te doen.
OFM sal die volgende dorpe besoek waar jy tussen 12:00 en 16:00 op die dag ’n boerie vir ’n skenking van R30 of meer kan koop.
- 28 Junie Hartswater - Round Table Harts 186 Klubhuis - aangebied deur Penguin Verkoeling ten bate van Pieter Hamman se klaskamer.
- 5 Julie Potchefstroom - Eastvaal Toyota in Potchefstroom - aangebied deur Eastvaal Toyota.
- 12 Julie Bethlehem - Dihlabeng Mall in Bethlehem - aangebied deur Coopers Environmental Science.
Volgens OFM, die klank van jou lewe, se webblad sal die geld wat ingesamel word aan die Round Table in die dorp geskenk word om komberse, klere en kos vir ouetehuise en kinderhuise te koop.
Strauss se daad van goedhartigheid het nie net ’n aansienlike bedrag vir die liefdadigheid ingesamel nie, maar is ook ’n bewys van hoe baie empatie mense met mekaar het.