On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Torings van Hoop verlig winternood in hele Vrystaat

───   ELSABÉ DE JAGER 16:59 Tue, 23 May 2023

Torings van Hoop verlig winternood in hele Vrystaat  | News Article
Torings van Hoop deel gewoonlik kos uit by die Tweetoringkerk in Bloemfontein se middestad, maar sprei dié winter sy vlerke provinsiewyd. Foto: Facebook

’n Bloemfonteinse nieregeringsorganisasie wat hulp aan behoeftiges verleen, sprei vanjaar sy vlerke tot in die uithoeke van die provinsie.

In Junie sal Torings van Hoop sy hand nie net in Bloemfontein oopmaak nie, maar ook die nood van haweloses en armes in die groter Vrystaat tydens die projek Winterhoop verlig.

Winterhoop is ’n nasionale projek wat jaarliks tydens die eerste wintermaand deur MES, PEN, His Hands en Torings van Hoop aangevoer word om warmte en kos aan dié in nood te verskaf.

Ds. De la Harpe le Roux, hoof van Torings van Hoop, sê verskeie aflaaipunte tot in Welkom, Bethlehem, Sasolburg en Edenburg is reeds geïdentifiseer. Skenkings op dié plekke sal plaaslik aangewend word vir noodverligting.   

Warm klere, komberse en kos bring uitkoms en hoop vir elke hawelose wat die snerpende Vrystaatse koue moet trotseer. Afgesien van warm klere, ’n kombers, ’n blikkie kos, is daar ook geleentheid om ’n warm maaltyd of ’n bed in ’n warm skuiling te borg, sê Le Roux.

Die winter kan vanjaar deur elke oop hand ’n stukkie warmte bied aan dié wat met leë hande staan.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.