On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

5 verdagtes op Ventersdorp en Zeerust vasgetrek

───   11:30 Sun, 16 Apr 2023

5 verdagtes op Ventersdorp en Zeerust vasgetrek | News Article

Die polisie op Ventersdorp en Zeerust het vyf verdagtes vir onderskeidelik die besit en handel in dwelms en die besit van vervalste goedere aangekeer.

Inligting oor verdagte aktiwiteite en moontlike dwelmhandel is Vrydag 14 April 2023 deur die Sigbare Polisiëringseenheid opgevolg. Dit het gelei tot die inhegtenisname van twee verdagtes by Tshing en Doringdrift. 

Die polisie het beslag gelê op 118 Mandrax-tablette, klein pakkies Crystal meth en dagga met 'n geskatte straatwaarde van R26 500. Die verdagtes, onderskeidelik 34 en 35 jaar oud, sal na verwagting Maandag 18 April 2023 in die Ventersdorp-landdroshof verskyn.


In Zeerust is drie verdagtes – tussen die ouderdomme van 37 en 53 jaar – ook Vrydag vir die besit van vervalste sigarette vasgetrek. 

Die verdagtes is deur lede van Zeerust, Lehurutshe en Motswedi se Sigbare Polisiëringseenheid aangekeer. Dit was nadat inligting ontvang is oor die insittendes van 'n silwer Toyota Corolla wat na bewering vervalste sigarette in Ikageleng en Henryville verkoop en/of aflewer. 

Ná die inhegtenisname het die polisie beslag gelê op verskillende handelsmerke van vervalste sigarette wat Shasha, Sevilla en Pacific Blue insluit. Intussen sal die verdagtes na verwagting Maandag 17 April 2023 in die Zeerust-landdroshof verskyn.


Die Noordwes Provinsiale Kommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena, het alle lede wat by die operasies betrokke was vir hul harde werk en samewerking bedank wat tot die inhegtenisnames gelei het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.