On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

'Ondersoek na Luan Nel se dood kan lank duur'

───   BAMBATHA GIKO 15:28 Mon, 06 Feb 2023

'Ondersoek na Luan Nel se dood kan lank duur' | News Article
Luan Nel en sy gesin. FOTO: Facebook

Die Bloemfonteinse polisie sê hulle kan nie sê wanneer die nadoodse ondersoek van die UV-student Luan Nel afgehandel sal wees nie, aangesien daar 'n agterstand by die Nasionale Forensiese Laboratorium is.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Thabo Covane sê weens die agterstand wag hulle steeds op uitslae van 'n saak van brandstigting wat verlede jaar gebeur het.

Die 22-jarige Luan Nel is Saterdag 28 Januarie 2023 onder vreemde omstandighede by 'n winkelsentrum in Bloemfontein dood. Hy is Saterdag in sy tuisdorp Aberdeen in die Oos-Kaap ter ruste gelê.

LEES OOK: Jong man 12 uur ná ongeluk dood aangetref

Daar was gerugte dat Nel veronderstel was om later Saterdagoggend 'n toets te skryf – net ná die ongeluk en voor sy dood – maar dat hy laat was en weggewys is.

Die woordvoerder van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Lacea Loader, sê die gerugte is onwaar. "Luan sou op Maandag 30 Januarie 'n hereksamen geskryf het om die graad B.Agric. met spesialisasie in Landbou-ekonomie te behaal het. 

"Die universiteitsbestuur is hartseer oor die ontydige heengaan van Luan en betuig sy innige meegevoel met sy familie en vriende met hul verlies in hierdie moeilike tyd," het Loader gesê.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.