On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Heidedal-inwoners sit skouer aan die wiel

───   CATHY DLODLO 11:57 Tue, 05 Apr 2022

Heidedal-inwoners sit skouer aan die wiel | News Article
PHOTO: Facebook

'n Bloemfonteinse skool en 'n klein onderneming van Heidedal het hande gevat en behoorlik skouer aan die wiel gesit om die woonbuurt 'n nuwe baadjie te gee.

Inwoners van Heidedal en die eienaar van Hlwekile Ntlo Enterprise, Gerard Vaalbank, sê hy het bakhand gaan staan by Brebner Hoërskool, wat hulle gereedskap uitgeleen het sodat hy, ‘n paar vriende en vrywilligers gedurende die skoolvakansie kon begin om die buurt skoon te maak. 

Dié stuk grond is deur die inwoners en vrywilligers skoongemaak en kinders het reeds begin om dit as 'n krieketveld te gebruik.

Vaalbank sê sonder gereedskap is hulle hande egter afgekap en hy hou nou ‘n uitdaging voor aan plaaslike ondernemings.

“Hiermee daag ek ander besighede in Bloemfontein en Heidedal uit om ons te help met die skoonmaak-projek," verduidelik Vaalbank. Hy sê dit begin in Heidedal en dit is vir inwoners en die kinders en veiligheid.


“Ons almal blameer die munisipaliteit wat nie uitkom nie en die [regering] wat nie ons kant toe kyk nie, maar die vraag is vandag: Wat doen ek en jy om ‘n verskil te maak,” sê hy.

Vaalbank sê hy smeek om hulp van inwoners en ondernemings, om te help met skoonmaakgereedskap om die projek, wat reeds vrugte afwerp, voort te sit.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.