Central SA
Griekwa-raadslid Johannes Kraalshoek vandag onthou─── KEKELETSO MOSEBETSI 09:23 Fri, 18 Mar 2022
'n Gedenkdiens vir die ontslape Griekwa-raadslid Johannes Kraalshoek sal Vrydag by die Philippolis-museum in die Vrystaat gehou word.
Volgens die voorsitter van die Griekwaraad in die Vrystaat, Frans Kraalshoek, sal die diens om 9-uur vanoggend begin.
Kraalshoek sal môre in Bethany ter ruste gelê word. Die 89-jarige Kraalshoek is verlede Woensdag in die Pelonomi-hospitaal oorlede ná 'n lang siekbed.
Hy sal altyd onthou word dat hy vir die regte van die Khoi- en San-gemeenskappe geveg het om die identiteit, kultuur en taal van die Griekwa-gemeenskappe in die Vrystaat en Suid-Afrika te herstel.