On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Hoërskool Kakamas het wel voedingskema

───   14:16 Mon, 29 Jul 2019

Hoërskool Kakamas het wel voedingskema | News Article

Die Departement van Onderwys het verlede week ‘n verklaring uitgestuur waarin bewerings ontken is dat chaos verlede Donderdag by Hoërskool Kakamas in die Noord-Kaap uitgebreek het.


Die skool het intussen teenoor OFM-nuus bevestig dat daar wel ‘n funksionele voedingskema is en dat die skool op daardie spesifieke dag net geen water gehad het nie. As gevolg hiervan kon hulle glo nie kos kook nie.

Daar was na bewering chaos toe leerders nie onderwysers se opdragte wou uitvoer nie en beweer het dat die skool nie ‘n funksionele voedingskema het nie. In die video het ‘n leerder vertel dat hulle te honger is om te konsentreer en om hierdie rede nie klas toe wou gaan nie.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.