On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Ma, twee seuns vermis; Bloemfonteinse polisie vra hulp

───   HEIDRÈ MALGAS 08:27 Sun, 29 Sep 2024

Ma, twee seuns vermis; Bloemfonteinse polisie vra hulp | News Article
Die Kleynhanse wat vermis word.

“Hulle het nooit teruggekeer nie, hul telefone is afgeskakel, en pogings om hulle op te spoor het misluk.“

Die Parkweg-polisie in Bloemfontein doen ’n beroep op die publiek om ’n vermiste ma en haar twee seuns te help opspoor.

“Annemé Kleynhans (35) en haar kinders, Jan-Hendrik (13) en Ludcé (8), is Vrydag (27/9) laas gesien toe hulle hul huis in Pellissier, Bloemfontein, omstreeks 08:30 verlaat het om die kliniek in Fichardtpark te besoek,” sê Lorraine Earle, polisiewoordvoerder.

“Hulle het nooit teruggekeer nie, hul telefone is afgeskakel, en pogings om hulle op te spoor het misluk.“

Hulle is Saterdagmiddag as vermis by die Parkweg Polisiekantoor aangegee. ”Ten tyde van haar verdwyning het Annemé swart denim-jeans, ’n rooi t-hemp en donkerpienk tekkies gedra. Sy het swart hare met rooi hightlights gehad. Jan Hendrik was geklee in ’n Vrystaat Rugby-sweetpak, terwyl Ludcé ’n blou rugby kortbroek en ’n bruin baadjie gedra het.”

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konst. Marcia Mphulenyane van Parkweg-speurders, kontak by 078 840 8933. Wenke kan ook gedeel word via Crime Stop by 08600 10111 of die MySAPS App.

Wat om te doen as iemand vermis raak, volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD):

1. Dien ’n vermiste persone verslag by jou naaste polisiekantoor in.
2. Deel gedetailleerde inligting oor die vermiste persoon, insluitend klere, onlangse foto’s, gesondheidskwessies, en kontakbesonderhede.
3. Kontak familie en vriende. Stel hulle in kennis en vind uit of hulle enige inligting oor die vermiste persoon het.
4. Gebruik sosiale media en ander platforms. Deel die vermiste persoon se inligting op platforms soos Facebook, Twitter, en WhatsApp.
5. Bly kalm en wees waaksaam. Hou ’n rekord van alle lewerde inligting en bly in kontak met die polisie en die gemeenskap. 

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.