On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Business

Reënboognasie vorder glo om van gryslys verwyder te word

───   07:00 Wed, 30 Oct 2024

Reënboognasie vorder glo om van gryslys verwyder te word | News Article
Doen Suid-Afrika genoeg? Grafika: Fordsburg Independent Community Newspaper

Die implikasies daarvan dat ons op die gryslys geplaas is, is tweeledig: ons reputasie en ekonomies. Suid-Afrika het nou ’n swak reputasie in die wêreldekonomie.

Dit kan diepgaande maatskaplike implikasies hê, soos meer armoede en ongelykheid, minder toegang tot finansiële dienste, ’n nadelige uitwerking op onderwys en gesondheidsorg, meer sosiale stigma en diskriminasie, ’n uitvloei van kundigheid en politieke onstabiliteit.

Die Financial Action Task Force (FATF) het onlangs aangekondig Suid-Afrika het aansienlike vordering gemaak om tekortkominge in sy teengeldwassery en teenterreurfinansieringstelsels op te los.

Suid-Afrika is in Februarie 2023 op die gryslys geplaas omdat die regering nie aan internasionale standaarde vir die bekamping van geldwassery en terrorismefinansiering voldoen het nie.

Vordering is gemaak, maar die wêreldwaghond moedig Suid-Afrika aan om aan te hou om sy aksieplan in te voer om oorblywende probleme op te los.

Vroeër vanjaar het die Tesourie verbeterings gerapporteer wat daarop gemik is om ’n finansiële stelsel te bou wat minder kwesbaar is vir misbruik en onwettige aktiwiteite.

Ses van die 22 tegniese tekortkominge wat deur die FATF geïdentifiseer is, moet egter nog aandag kry, wat nog wetgewende en regulatoriese veranderinge en strenger beheer vereis.

‘SA voldoen nou ten volle of grootliks aan 37 van die 40 FATF-aanbevelings’

Die tesourie het vroeër gesê Suid-Afrika mik om teen Februarie volgende jaar van die volgende lys af te wees.

“As Suid-Afrika al die oorblywende stappe in die volgende verslagdoeningsiklus kan doen, sal die FATF in Februarie ’n plaaslike besoek deur die FATF Africa Joint Group magtig om hul beoordeling oor die vordering van alle aksie-items te bevestig.

“Dit sal omstreeks Mei gebeur. As dit ’n goeie uitkoms tot gevolg het, sal die FATF Africa Joint Group op die FATF se algemene vergadering in Junie aanbeveel dat Suid-Afrika van die FATF-gryslys verwyder word.”

So nie, moet elke vier maande aan die FATF Africa Joint Group gerapporteer word totdat aan al die eise voldoen word.

Suid-Afrika voldoen nou ten volle of grotendeels aan 37 van die FATF se 40 aanbevelings, terwyl een as onprakties beskou word.

Die Tesourie verwelkom in die verklaring die vordering en doen ’n beroep op alle betrokke agentskappe om steeds vordering te maak om te verseker dat verbeterings volhoubaar én doeltreffend is.


Ekonomiese gevolge daarvan om op die gryslys te wees word volgens Webber Wentzel’s as volg opgesom:

  • Minder kapitaal vloei na Suid-Afrika: Vir kwesbare lande kan dit ’n betalingsbalanskrisis tot gevolg hê. Alle transaksies van Suid-Afrikaanse maatskappye en individue word as hoërisikotransaksies gesien, wat ingewikkelde nakoming en administratiewe pligte tot gevolg het, en waarskynlik belegging in en handel met Suid-Afrika ontmoedig.
  • Ekonomiese strawwe kan Suid-Afrika opgelê word: Sommige internasionale finansiële instellings of banke het beleidstellings wat hulle verhoed om sake te doen met lande wat op die gryslys geplaas is, of ten minste die omvang van sake beperk wat gedoen kan word. Sulke beperkings sal besigheid en buitelandse investering verder belemmer. Dit sal ook sal hoër voldoeningsverpligtinge en transaksiekoste meebring.
  • Minder direkte buitelandse investering (DBI): Die gryslyskwessie ontmoedig beleggings in Suid-Afrika en verminder kapitaalinvloei. Dit sal die koste van sake doen in Suid-Afrika verhoog, wat buitelandse beleggers huiwerig maak om in die ekonomie te belê. Sommige buitelandse beleggers kan hul beleggings uit die land neem.
  • Afname in Suid-Afrika se buitelandse reserwes: As daar laer kapitaalinvloei en en DBI in Suid-Afrika is, kan dit eksterne reserwes verminder aangesien daar minder belastinginkomste sal wees.
  • Bemoeilik die proses om finansiering op die wêreldmark te bekom: Suid-Afrikaanse maatskappye sal dit moeiliker vind om finansiering van buitelandse leners op die internasionale kapitaalmarkte en van multilaterale leners soos die Wêreldbank te bekom.
  • Verminderde mededingendheid van Suid-Afrikaanse maatskappye in die wêreldekonomie: Suid-Afrikaanse maatskappye, as gevolg van verbeterde monitering, sal meer vereistes ondervind om bronne van befondsing te bewys, wat lei tot hoër transaksiekoste en vertraagde uitvoering van transaksies. Dit sal uiteindelik die mededingendheid van Suid-Afrikaanse maatskappye en Suid-Afrika as geheel in die globale mark benadeel. Die Suid-Afrikaanse versekeringsbedryf sal veral geraak word.
  • Klimaataanpassing sal beïnvloed word: Suid-Afrika moet dringend by klimaatsverandering aanpas, en finansiering van internasionale vennote is nodig.’n Grys notering sal dit moeiliker maak vir die land om sy ESG-doelwitte te bereik.

Daar word van Suid-Afrika verwag om ondersoek en vervolging van ernstige en komplekse geldwassery te ondersoek en terreurfinansieringsaktiwiteite te verbeter.

Enoch Godongwana, minister van finansies, het in sy begrotingstoespraak op 22 Februarie gesê die uitstaande tekortkominge sal aan die woord gespreek word deur regulasies en die aksies wat hierbo opgesom is. Suid-Afrika het ’n plan van aksie, dit gaan nou oor die implementering.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.