On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Business

Virseker bekroon as beste korttermynversekeraar

───   18:00 Wed, 11 Sep 2024

Sponsored18:00 Wed, 11 Sep 2024
Virseker bekroon as beste korttermynversekeraar  | News Article
Johanni Jennings, Virseker se hoof van bemarking. Foto verskaf

Virseker beste van die beste in korttermynversekering met gesogte Ask Africa- verbruikersindeks.

Virseker, Suid-Afrika se enigste trots Afrikaanse versekeringshandelsnaam, is aangewys as die beste korttermynversekeraar in die gesogte Ask Afrika Orange Index®.

Dié indeks is reeds 23 jaar die omvattendste en mees wye aangehaalde maatstaf van uitnemendheid in kliëntediens. Dit dek 26 verskillende bedrywe en 200 handelsname, en gebruik 45 000 kliënte-onderhoude om faktore soos kliëntetevredenheid, emosionele tevredenheid en lojaliteit te meet en daardeur die wenners in elke kategorie te bepaal.

Virseker het, sedert sy ontstaan in 2011, altyd ten doel gehad om topklasversekering in Afrikaans te lewer. Vandag, 13 jaar later, het dié handelsnaam derduisende kliënte wat van ryding tot rekenaar, en van huis tot hond, laat verseker by ‘n naam wat bekend is daarvoor dat hulle 100% van alle geldige eise uitbetaal.

Hiermee saam bou Virseker, prakties, in Afrikaans, vir Afrikaans. Danksy polishouers se maandelikse premiebydraes aan die Virseker Trust, kon Virseker tot op hede meer as R154 miljoen in Afrikaanse onderwys, tersiêre opvoedingsinstellings en gemeenskapsondersteuning belê.

Vir die voorste baanbrekersbreine van môre is Akademia, ‘n wêreldklas- Afrikaanse universiteit, die Solidariteit Helpende Hand Studiefonds, die Afrikaanse Taalraad, die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) en die WEET e-Naslaangids onder meer deur Virseker se polishouers ondersteun.

Of dit ‘n wa is wat deur ‘n drif getrek moet word en of dit harde klippe is waaraan daar help kou moet word, sit Virseker ook skouer aan die wiel met gemeenskapsinisiatiewe soos Die Pionierskool vir Gesiggestremdes, die Helpende Hand Noodfonds en die nasionale skooltassieprojek, deur hulp te verleen waar dit desperaat benodig word.

“Hierdie wen is vir ons ‘n enorme eer omdat dit toon dat Virseker nie alleen trots Afrikaans praat nie, maar ook trots Afrikaans dien,” sê Johanni Jennings, Virseker se hoof van bemarking. “Dis ‘n groot wen juis omdat dit op die verbruiker – mense wat ons daagliks beproef – se stem staatmaak. 

“Ons belofte van uitnemendheid is nie net slim bemarking nie, hierdie aankondiging bewys dat ons werklik streef om ‘n vennoot te wees waarop individue en sakeondernemings kan reken.”

“Elkeen by Virseker vorm deel van ‘n hegte eenheid wat kliënte absoluut altyd eerste stel. Hierdie toekenning vuur ons aan om net nog meer en nog beter te doen. Virseker is van die beste in Suid-Afrika en ons beplan om dit so te hou.”

OFM/Mediaverklaring dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.