On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Business

Airlink staak binnekort vlugte tussen Bloemfontein en Kaapstad

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:19 Wed, 17 Jul 2024

Airlink staak binnekort vlugte tussen Bloemfontein en Kaapstad | News Article
Airlink gaan vlugte tussen Bloemfontein en Kaapstad staak. Foto: Airlink

“Daar is ’n groot aanvraag vir die vlugte, maar dit het ’n finansiële las vir Airlink geword.”

Vanaf 2025 sal Airlink sy vlugte tussen Bloemfontein en Kaapstad staak.

Die lugdiens sal ook vanaf Oktober sy daaglikse vlugte op hierdie roete afskaal. Die ses vlugte (drie op elke roete) bied op die oomblik sitplek aan 358 passasiers – 179 op elke roete.

Rodger Foster, Airlink se uitvoerende hoof en besturende direkteur, het dit aan OFM Nuus  bevestig.

Tans vlieg Airlink daagliks om 06:00, 10:35 en 16:50 van Bloemfontein na Kaapstad en om 08:10, 12:40 en 18:55 van Kaapstad na Bloemfontein. Die ses daaglikse vlugte is dieselfde as tussen Kaapstad en Kimberley, maar Airlink vlieg twaalf keer per dag tussen Bloemfontein en Johannesburg.

Vanaf 1 Oktober word die vlugte tussen Bloemfontein en Kaapstad tot twee retoervlugte per dag verminder. Vanaf 1 Januarie word die vlugte heeltemal gestaak.

Rodger Foster, uitvoerende hoof van Airlink. Foto: Linkedin 

Foster sê daar is ’n groot vraag na sitplekke op sy vlugte, maar dit het ’n finansiële las vir Airlink geword. “Die bestaande kaartjiepryse is nie voldoende om die roete ekonomies lewensvatbaar te maak nie.” Hy sê Airlink stel nie belang om in ’n prysoorlog oor kaartjies betrokke te raak met ’n mededinger wat baie groter vliegtuie het nie.

Airlink se inkomste uit kaartjieverkope bestry nie die bedryfsonkoste soos brandstof wat ongeveer ’n derde van die insetkoste uitmaak, asook instandhouding en landingsfooie nie.

‘Gereelde vlugte op gerieflike tye’

“Ons bedryf is vol van lugdienste wat swig voor oorkapasiteit en ’n onvermoë om hul koste te dek,” sê Foster. “Airlink se waardeaanbod is daarop gesentreer om gereelde vlugte op gerieflike tye aan te bied en goeie diens aan boord te lewer.”

Airlink hersien ook gereeld sy kommersiële lewensvatbaarheid van sy meer as 60 roetes en markte. “Hierdie deurlopende assessering noodsaak soms aanpassings aan die vlugskedule om dienste te verseker wat volhoubaar, gerieflik en goeie waarde bied.”

Airlink het weer op 26 Februarie regstreekse vlugte tussen Durban en Bloemfontein begin bedryf.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.