On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Business

Hofsaak werp soeklig op dagga in werkplek

───   OLEBOGENG MOTSE 09:29 Mon, 20 May 2024

Hofsaak werp soeklig op dagga in werkplek  | News Article
Photo supplied

“Sy moedig werkgewers aan om na hul bestaande beleid in die werkplek te kyk om te verseker dat dit nie diskriminerend of onregverdig is nie.”

Bernadette Enever, gewese werknemer van Barloworld Equipment, se aansoek in die arbeidsappèlhof het die kwessie van dagga in die werkplek uitgelig. Sy is afgedank omdat sy positief vir dagga getoets is terwyl sy aan diens was.

Die hof het verlede maand beslis Enever se afdanking was onbillik. Adv. Tertius Wessels, regsdirekteur by Strata-g Labor Solutions, het die wettigheid van die saak op die OFM Sakeuur bespreek.



Enever het voorgeskrewe medikasie vir pyn en slaap geneem weens haar angstoestand. Sy het newe-effekte van die medikasie opgedoen en het dagga begin gebruik nadat dit in 2019 wettig geword het om dit by die huis te gebruik.

Enever sê dit het haar gehelp om minder afhanklik van voorskrifmedikasie te wees. Volgens regsdokumente wat op die Suider-Afrikaanse Regsinligtingsinstituut (SAFLII) gepubliseer is, sou sy elke aand en oor naweke ’n daggasigaret rook. Sy het ook ander produkte soos daggaolie gebruik.

Barloworld het egter ’n beleid oor die gebruik van dwelms en drank by die werkplek. Sy is afgedank, nadat dagga tydens ’n roetine-ondersoek in haar sisteem gekry is.

‘Enever het volgehou dat die afdanking onbillik was’

Die arbeidshof het aanvanklik bevind die feit dat sy gevoel het haar gebruik van dagga was medisinaal, beteken nie dat die beleid nie op haar van toepassing moet wees nie omdat sy nie mediese bewyse verskaf het nie.

Die beleid moes dus konsekwent toegepas word, ongeag die rasionaal agter die positiewe toets. Enever het teen die uitspraak geappelleer en volgehou dat die afdanking onbillik en diskriminerend was.

Die uitspraak lui: “An objective consideration of the respondent's policy is that any employee who works for it cannot smoke cannabis at all. There is no justifiable reason for the infringement of the appellant's right to privacy. The principle that overbroad, unwarranted and unjustifiable invasions of the right to privacy being unconstitutional is applicable.

The respondent has not shown that she was “stoned” or intoxicated at work’ 

“The use of a blood test alone without proof of impairment on the work premises is a violation of the appellant’s dignity and privacy. This as the policy prevents her from engaging in conduct that is of no effect to her employer, yet her employer can force her to choose between her job and the exercise of her right to consume cannabis.

“The respondent has not shown that she was “stoned” or intoxicated at work as a result, that her work was adversely affected or that she created an unsafe working environment for herself or her fellow employees. The respondent would not have known, apart from the appellant volunteering the information that she smoked cannabis and the reason therefor.

“The respondent’s policy is overbroad and infringes the appellant's right to privacy. Her treatment as someone who was intoxicated when in fact she was not, is unfair discrimination because it singles out cannabis users compared to alcohol users, for what they do at home, even in situations where their conduct carries no risk for the employer. The appeal is upheld.”

Gevolge
Wessels het aan die OFM Sakeuur gesê dat daar bevind is dat hoewel Enever positief vir dagga getoets is, was daar geen bewys dat sy nie in staat was om haar pligte by die werk uit te voer nie. Daarom kan die aanname nie gemaak word om positief vir dagga te toets, beteken dat die individu “hoog” was nie.



Werkgewers moet dus hiervan bewus wees wanneer hulle roetine mediese toetse op werknemers uitvoer.

Reg op privaatheid
Die arbeidsappèlhof het ook die werknemer se reg op privaatheid gehandhaaf en verduidelik wat ’n mens in die privaatheid van sy/haar eie huis doen, het niks te doen met werk of hul vermoë om hul werksverpligtinge effektief uit te voer nie.

Barloworld sal waarskynlik appelleer
Nonhlanhla Mtshali, prokureur en stigter van die regsaangeleentheid, sê dit is waarskynlik dat Barloworld (die werkgewer in hierdie saak) teen die progressiewe uitspraak oor die aangeleentheid sal appelleer.

Sy moedig werkgewers aan om na hul bestaande beleid in die werkplek te kyk om te verseker dat dit nie diskriminerend of onregverdig is nie.

OFM Sakeuur dg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.