On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Business

Rocking the Vaal slaag om plaaslike gemeenskappe nader aan mekaar te bring

───   15:43 Wed, 20 Mar 2024

Rocking the Vaal slaag om plaaslike gemeenskappe nader aan mekaar te bring | News Article
Deelnemers aan Rocking the Vaal se wêreldrekordpogings. Foto: OFM

'Die atmosfeer was onbeskryflik.'

Rocking the Vaal, wat verlede naweek (16/3) in Vanderbijlpark gehou is, het wêreldrekords verbeter en daarin geslaag om die die plaaslike gemeenskap nader aan mekaar te bring.

Jaco Verwey, president van die Goue Driehoek Kamer van Koophandel, sê aan Kayla Barker van die OFM Sakeuur die organisering van so ’n groot geleentheid is uitdagend, maar hul span het dit met toewyding en geesdrif gedoen. Verwey sê die atmosfeer was onbeskryflik.


Jaco Verwey, president van die Goue Driehoek Kamer van Koophandel. Foto verskaf

Wêreldrekords

Volgens OFM Nuus het deelnemers daarin geslaag om ’n serp van 35 524 km te hekel wat die bestaande rekord van 35 km verbeter. Die ander wêreldrekord is vir die grootste porsie potjiekos wat 2 796 kg geweeg het.

LEES OOK: Vaal se ekonomie sukkel, maar daar is hoop

Die serp beeld Afrika uit omring deur oseane en dit het Guinness World Records se span twee dae geneem om die handgemaakte serp akkuraat te meet. Nadat dit gemeet is, is die blokke van die serp geskei en na hul onderskeie kerke en organisasies teruggestuur om aan die minderbevoorregtes uit te deel.

Die wol is landwyd verskeep na mense wat wou help om dit te maak. Die rekord om 1 000 snye brood gelyktydig te botter is nog nie bevestig nie en die organiseerders het eerder die poging om 1 000 brode op een slag te sny weens die hitte laat vaar. Die brood is saam met die potjiekos bedien soos bunny chow.

Toekomsplanne

Verwey sê hulle het ’n propvol kalender wat wag met ander byeenkomste soos die algemene jaarvergadering en die gholfdag. Die kamer sal voortgaan om te pleit vir georganiseerde besigheid wat plaaslike bestuurskwessies betref. 

OFM Sakeuur dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.