Business
OFM Sake-uur: Passie die sleutel tot Ladybrand entrepreneur se sukses─── OLEBOGENG MOTSE 20:38 Wed, 01 Feb 2023
Ladybrand-velsorghandelsmerk, Deborah Dorcas, het ontstaan uit 'n lewenslange passie vir velgesondheid en 'n gebed.
Deborah Dorcas-stigter, Retha Styger, vertel vir die OFM Sake-uur dat om jou passie te vind, n groot deel van sakesukses is en sy kan dit uit eerstehandse ondervinding getuig. Sy sê dis n jammerte hoe ons beïnvloed word deur ander mense se persepsies sowel as ons eie irrasionele vrees vir mislukking.
Styger, ’n oud-onderwyseres, het haar produktereeks in 2019 uit haar tuiskombuis in Ladybrand met grondstowwe begin. Sy het geëksperimenteer en met essensiële olies totdat sy die regte kombinasie en konsekwentheid vir haar handelsmerk bereik het.
LEES OOK: OFM Sake-uur: Grootste wins in verhoudings - Carlo Rohrs
Hierdie eksperimentering het haar teruggeneem na haar kinderdae in die Noord-Kaap waar sy by een van haar pa se plaaswerkers oor natuurlike velsorg geleer het.