On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Yellow Door

Amanda Strydom deur die sleutelgat

───   06:00 Fri, 17 May 2013

Amanda Strydom deur die sleutelgat | News Article

Amanda Strydom, een van die gewildste en mees geliefde sangeresse en liedjieskrywers in Suid-Afrika.


Watter sintuig is vir jou die belangrikste
My ore - as ek nie meer musiek kan hoor nie, sal ek doodgaan.

Beste kinderherinnering

Ek duik van Pappa se skouers die see in, hy't my altyd so opgehys op sy skouers, dan sak hy in die water in tot sy kop onder die water is en dan skiet hy regop en loods my van sy skouers die water in. Dit was die wonderlikste genot.

Death row-maaltyd
Maar die doodstraf is mos afgeskaf in onse land! As dit dan moet - Beesstert in rooiwyn, gestowe met roosmaryn en knoffel. En lekker aartappels.

Grootste tekortkoming
My ongeduld.

Jou kosbaarste besitting

My man, my kat, my familie.

Wat verveel jou
Politiek en mense wat net oor hulself wil praat.

Trotsste oomblik
Toe ek in Zimbabwe die Zambezi-rivier saam met sewe mal Duitsers in 'n rubber duck aangedurf het en al die stroomversnellings oorleef het en toe ek die erepenning van die Akademie van Wetenskap en Kuns ontvang het - oor ek kan rock in my taal. 

Noem een ondeug
My ongeduld.

Wat maak jou bang
Die onnoselheid van ons leiers.

In watter land sou jy graag wou woon buiten Suid-Afrika
Nederland. Ek tree al 7 jaar lank daar op en voel so tuis daar. Alles werk, daar is 'n vryheid wat ons hier nie ken nie, daar is 'n eeue lange geskiedenis wat ons verbind aan Nederland en ek en my orkes voel soos supersterre wanneer ons daar optree. En ons word as sulks behandel.

Amanda tree by Vryfees 2013 op in Volume 2 - 'n sterbelaaide FAK-Sangbundel-bekendstellingsproduksie.



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.