National
Kosblikkieprojek sal skokkende inligting oor wanvoeding toon─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:36 Wed, 15 Apr 2015
![Kosblikkieprojek sal skokkende inligting oor wanvoeding toon Kosblikkieprojek sal skokkende inligting oor wanvoeding toon | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/a1__20154159362412u75.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Pretoria - Wenkbroue kan môre lig wanneer Solidariteit Helpende Hand kommerwekkende inligting oor die vlakke van wanvoeding by kleuterskole, en meer spesifiek arm kleuterskole, oor die land heen bekendstel.
Die organisasie se Ilze Niewoudt sê die inligting sal in Pretoria op Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse nasionale kosblikkieprojek bekendgestel word.
Die studie, wat onder sowat 550 kleuters by 16 kleuterskole oor die land heen gedoen is, het onder meer bevind dat kleuters nie al die nodige voedingswaarde in kos tuis ontvang nie.
Sy sê die kosblikkieprojek, wat daarop gemik is om kleuters oor die land heen by skole te voed, werp jaarliks vrugte af.
Christal-Lize Muller/OFM Nuus