Yellow Door
Johrné van Huyssteen deur die sleutelgat─── 06:00 Fri, 02 Aug 2013
Johrné van Huyssteen is weeksdae van 09:00 tot 12:00 OPPI DRAADLOOS, op OFM.
Watter sintuig speel die grootste rol in jou lewe
Sien. Ek dink as jy met swak oë gebore word “fokus” jy baie daarop. Die jare van sukkelende skoolsport, vreemde rame en toe uiteindelik, laser. Ek is geweldig bewus van wat om my aangaan, ek “sien” alles. Kan mense en dinge ure dophou. Ek is oë.
Beste kinderherinnering
Die paradox van rondtrek. Die vieslike seer van afskeid gemeng met die opgewondenheid van nuwe mense en plekke. My pa was bankbestuurder so ek was nomadies-huisagtig in my leefwyse.
Death row-maaltyd
Toast met gebakte eiers, maalvleis, wors en frikkadelle.
Jou grootste tekortkoming
Dat ek nie Anton Rupert se seun is nie. Ernstig, ek stel uit. Ek kry alles altyd gedoen, maar perform onder druk. Soms jaloers op mense wat alles lank voor die tyd doen, maar dit is ‘n kortstondige jaloers. Kan ook nie ‘n swart taal praat nie.
Kosbaarste besitting
Ek is glad nie materialisties nie, maar ek het ‘n getekende psalmboek deur Totius in 1938, ‘n olie Vader Claerhout, getekende blik van Breyten Breytenbach se woordspeletjie. Besit die regte van die eerste Afrikaanse digbundel tot 2050, en dan een item wat ek nie kan noem nie. Mense sal kom inbreek.
Wat verveel jou
Boring mense en musicals.
Die trotsste oomblik van jou lewe
As ek lewend kan bly tot op 70 sal ek daai oomblik bereik.
Noem een ondeug
Een??!!
Wat maak jou bang
Spinnekoppe op aardse vlak. Op spirituele vlak is ek glad nie bang vir die dood nie, ook nie die manier van dood nie behalwe val. Wil nie val na my dood nie. Bang vir val.
In watter land, buiten SA sou jy graag wou woon en hoekom
Sal graag vir 2 tot 5 jaar in New York wil bly. Dan ook 2 tot 5 jaar in Ierland. New York roep my net en geen mens weet hoekom nie en ek het 'n ongesonde fassinasie met Ierland van kindsbeen af.