On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Matriekeksamen: Jou gids tot sukses

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:37 Sun, 20 Oct 2024

Matriekeksamen: Jou gids tot sukses | News Article
Beplanning is belangrik as jy studeer. Foto: iStock

Die matriekeksamen begin Maandag (21/10) en dit is belangrik om ’n behoorlike studiestrategie toe te pas.

As die eksamen soos ‘n berg voor jou lê moenie bekommerd wees nie. Studie Metodes het tien wenke om jou te help om reg voor te berei. 

Moenie moed verloor nie. Foto: iStock

  • Tydsbeplanning. Goeie tydsbestuur is noodsaaklik. Teen hierdie tyd behoort jou opsommings volledig te wees – eksamentyd is vir hersiening. Hersien jou eksamenrooster en skep 'n persoonlike studierooster. As jy onseker is hoe om dit op te stel, oorweeg dit om by een van ons studiemetode-werkswinkels aan te sluit om effektiewe tegnieke aan te leer.
  • Organiseer jou leerruimte. ’n Stil, georganiseerde studiearea is belangrik. Maak seker jy het genoeg spasie vir al jou materiaal soos opsommings en 'n witbord vir vinnige notas. As jy 'n kinetiese leerder is, inkorporeer beweging in jou studieroetine en skakel afleidings in jou omgewing uit.

Hou jou studiearea georganiseerd. Foto: iStock

  • Skryf soos jy leer. Gebruik penne van verskillende kleure om jou notas visueel interessant te maak. Terwyl jy studeer sê die inligting hardop en skryf dit herhaaldelik neer om jou geheue te versterk.
  • Eksamenvraestelle. Gebruik vorige vraestelle om jouself vertroud te maak met die formaat van die vrae en om jou begrip van die werk te verbeter. 

Gebruik vorige vraestelle in jou voorbereiding. Foto: iStock

  • Wat jy geleer het. Om konsepte aan iemand anders te verduidelik, of dit nou 'n studiemaat of selfs jou teddiebere is, is 'n uitstekende manier om jou begrip te assesseer. 
  • Studiegroepe. Werk saam met ander om jou begrip van die materiaal te verbeter. Maak seker elke groeplid is individueel voorbereid voordat julle bymekaarkom omaan ou eksamenvraestelle te werk. 

Werk in groepe saam. Foto: iStock

  • Blaaskans. Vermy marathon-studiesessies. Fokus vir 45 minute en neem dan ’n breek van 15 minute. In dié tyd kan jy deelneem aan fisieke aktiwiteite om jou brein aan die gang te hou. 
  • Gesonde kos. Eet gesonde en gebalanseerde maaltye wat volgehoue energie verskaf. Dit sal jou help om gefokus te bly. 
  • Drink baie water.  Te veel kafeïen en energiedrankies kan tot ongelukke lei. Water is belangrik vir jou brein om optimaal te funksioneer.

Drink baie water om dehidrasie te voorkom. Foto: iStock

  • Aand voor eksamen.  Op die dag van die eksamen het jy nie tyd vir onnodige dinge nie. Maak die vorige aand seker al jou penne skryf en dat jy alles het wat jy nodig het. Dit sal stres verminder en jou help om die dag met selfvertroue te begin.

Sterkte met die eksamen!

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.