On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

South Africa

Wenke vir ’n veilige Oujaarsaand

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:38 Fri, 27 Dec 2024

Wenke vir ’n veilige Oujaarsaand | News Article
Bly veilig as jy op Oujaarsaand partytjie hou. Foto: iStock

Dit is binnekort Oujaarsaand en almal maak gereed vir die vieringe om 2024 af te sluit.

Arrive Alive deel belangrike wenke om veilig en verantwoordelik te bly terwyl jy partytjie hou.

  • As jy van plan is om te drink, reël om saam met iemand te ry wat nie drink nie of gebruik ’n betroubare saamrydiens.
  •  Wees bedag op hoeveel jy drink. Wissel alkoholiese drankies af met water om ontwatering te vermy en babbelas te verminder.
  •  Kuier in groepe en moenie alleen toilet toe gaan nie.
  •  Eet voor jy drink.
  •  Hou jou persoonlike besittings veilig.
  •  Laat vuurwerk aan die professionele persone oor om beserings te voorkom.
  •  Moenie drank bedien of verkoop aan jong mense onder die wettige ouderdom nie.
  •  Probeer om nie tussen 20:00 en 02:00 te bestuur wanneer paaie gevaarlik is nie.
  •  Wees versigtig wat jy op sosiale media tydens die vieringe plaas.
  •  Sorg dat jou selfoon se battery gelaai is.
  •  Kry dadelik hulp as jy in die moeilikheid is en verskaf duidelike inligting.

Hou die volgende noodnommers byderhand:

  • 911 vir noodgevalle 
  • 211 vir algemene inligting 
  • ALS Paramedici se noodlyn: 082 926 8489.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.