On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

AfriForum: Publiek moet nou saamstaan teen hoër Eskom-tariewe

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:44 Fri, 27 Sep 2024

AfriForum: Publiek moet nou saamstaan teen hoër Eskom-tariewe | News Article
Eskom wil sy tariewe drasties verhoog. Foto: MM News

“Daar moenie van verbruikers verwag word om nou die las te dra sodat Eskom kan probeer om jare se wanbestuur en -besteding reg te stel nie.”

AfriForum doen ’n beroep op die publiek om deel te neem aan die proses oor die beplande hoër elektrisiteitstariewe.

Die burgerregteorganisasie vra die publiek om deel te neem van 18 November tot 4 Desember aan openbare sittings oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings, sê Morné Mostert, bestuurder van plaaslike regeringsake by AfriForum.

Die openbare sittings vind op 25 November in die Vrystaat, 26 November in die Noord-Kaap en 2 Desember in Noordwes plaas.

Morné Mostert. Foto verskaf

Eskom het sy voorgestelde tariefverhogings vir die volgende drie jaar aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) voorgelê wat die publiek die geleentheid bied om hul mening daaroor te lug. Geskrewe kommentaar moet teen 1 November ingedien word.

Eskom vra ’n aansienlike tariefverhoging van 36,15% vir die 2025/26-boekjaar. “Daar moenie van verbruikers verwag word om nou die las te dra sodat Eskom kan probeer om jare se wanbestuur en -besteding reg te stel nie,” sê Mostert.

AfriForum sal aktief aan hierdie proses deelneem en aanhou pleit vir billike elektrisiteitstariewe. Ons sal ook Nersa se regulatoriese prosedures noukeurig monitor en optree indien enige onbillike praktyke of wangedrag geïdentifiseer word.


Hy sê AfriForum sal bykomende inligting oor die openbare sittings deel soos dit beskikbaar word. AfriForum lei ook ’n petisie teen hierdie onregverdige tariefverhogings wat die publiek in staat stel om hul stem te laat hoor.

Datums vir die openbare sittings:

  • 18-19 November – Wes-Kaap
  • 20 November – Oos-Kaap
  • 21-22 November – KwaZulu-Natal
  • 25 November – Vrystaat
  • 26 November – Noord-Kaap
  • 27 November – Mpumalanga
  • 29 November – Limpopo
  • 2 Desember – Noordwes
  • 3-4 Desember – Gauteng

Dorpe en lokale sal later bekendgemaak word.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.