On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

Sneeustorms in Vrystaat, KZN en Oos-Kaap ontwrig verkeer; talle vasgekeer

───   05:49 Sat, 21 Sep 2024

Sneeustorms in Vrystaat, KZN en Oos-Kaap ontwrig verkeer; talle vasgekeer  | News Article
Padoppervlaktes is glad, en berigte word ontvang van vragmotors wat traksie verloor, veral op die opdraandes langs Van Reenenpas. Foto: snowreport.co.za

“Afgesien van sneeuval, veroorsaak die skielike daling in temperatuur ook die vorming van swart ys.”

Die N3 by die Van Reenenspas is een van talle roetes wat gesluit is weens gevaarlike toestande, insluitend swart ys.

Die N3-tolkonsessie sê in ’n verklaring verkeer word by die Tugela Plaza in KwaZulu-Natal en die Harrismith Suid-wisselaar in die Vrystaat gestop. Motoriste word in albei rigtings omgedraai. Die meeste alternatiewe roetes is ook gesluit of ervaar buitensporige verkeersopeenhopings. 

“Afgesien van sneeuval, veroorsaak die skielike daling in temperature ook die vorming van swart ys. Padoppervlaktes is glad, en berigte word ontvang van vragmotors wat traksie verloor, veral op die opdraandes langs Van Reenenpas,” lui die N3-tolkonsessieverklaring wat Vrydagaand (21/9) uitgereik is.

Motoriste word versoek om reisplanne wat die N3 in die Van Reenenpas-gebied insluit te heroorweeg en uit te stel totdat die weer opklaar en die paaie weer veilig is.


Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Donderdag ’n vlak 6-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende sneeu, reën en skadelike winde terwyl ’n kouefront oor dele van die land inbeweeg.

Snow Report SA het ’n boodskap ontvang van iemand wat in sneeu op die R103 tussen Mooirivier en Escourt in KwaZulu-Natal vasgekeer is. “Hierdie is een van verskeie boodskappe wat ons ontvang het van mense wat vasgekeer is. Dit lyk of die N3 by Van Reenens gesluit is. Ons het verwag dat dit saam met verskeie ander paaie gesluit sou word.

“Dit sal wonderlik wees as [rampbestuur] met die media kan kommunikeer vóór sneeustorms soos hierdie, sodat ons dit vooraf aan die publiek kan kommunikeer.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.