On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Vermy so dat jy die slagoffer word van reisbedrog

───   HEIDRÈ MALGAS 14:35 Fri, 20 Sep 2024

Vermy so dat jy die slagoffer word van reisbedrog | News Article
Wees waaksaam as jy jou reisreëlings tref. Foto: Getty images

“Reisbedrog sluit truuks in wat daarop gemik is om toeriste te verwar en om die bos te lei en gebruik die taalversperring of vriendelike gebare om te manipuleer en steel.”

Die feestyd is om die draai en terwyl gesinne hul vakansies beplan, beplan misdadigers hoe om jou te bedrieg.

Reisbedrog sluit slenters in wat daarop gemik is om toeriste te verwar en om die bos te lei en gebruik die taalversperring of vriendelike gebare om te manipuleer en steel.“Bedrieërs kom voortdurend met nuwe maniere vorendag om mense te bedrieg,” sê Lauren Brink, Suid-Afrikaanse spesialis by First Class Holidays UK.

Meer as 95% van Suid-Afrika se reisbedryf is lede van die Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagente (Asata). Kyk uit vir die Asata-logo wanneer jy jou reis bespreek vir gemoedsrus. Volgens Asata se webtuiste is lidmaatskap van kritieke belang om die geloofwaardigheid van ’n agentskap binne die reisbedryf en in die oë van reisigers te verseker.

Langstraat in Kaapstad is ’n gewilde kuierplek. Foto: Getty Images

Mike Bolhuis, private ondersoeker, het die volgende wenke:  

Vals akkommodasie- en besprekingbedrog 

  • Bedrieërs skep vals lyste vir gewilde blyplekke op webtuistes of sosiale media met aantreklike aanbiedinge.
  • Hulle versoek ’n vooruitbetaling of deposito, maar die akkommodasie bestaan nie by aankoms nie of die bespreking is nooit gemaak nie.
  • Bespreek altyd deur betroubare webtuistes, verifieer die bestaan van die akkommodasie deur resensies na te gaan en kontak die eienaar van die eiendom direk voor jy betaal.

Taxi- en vervoerbedrog

  • Onetiese bestuurders laat reisigers deur hul ore betaal deur ompaaie te ry, meters te manipueer of onvoorsiene fooie te eis.
  • Daar is ook gevalle van ongeregistreerde of nieamptelike taxi’s wat hulle voordoen as wettige dienste.
  • Gebruik betroubare apps soos Uber of Bolt en bevestig die tarief voordat die rit begin, en weier om saam te ry in ongeregistreerde of ongemerkte voertuie.

Vals toergidse en kaartjiebedrog 

  • Bedrieërs gee hulle voor as amptelike toergidse of verkoop vals kaartjies na besienswaardighede, geleenthede, of nasionale parke.
  • Sodra jy betaal, is die kaartjies óf vals óf bied nie die geadverteerde toegang nie.
  • Bespreek toere en kaartjies deur amptelike kanale of erkende toeroperateurs.
  • Verifieer altyd gidse se akkreditasie en moenie kaartjies van straatverkopers koop nie.

Maak seker jou vakansiebestemming lyk soos dit moet. Foto: Getty Images

Kaart- en kitsbankbedrog

  • Bedrieërs installeer toestelle by kitsbanke of gebruik versteekte kameras om kaartinligting en jou PIN te verkry. 
  • Hulle gebruik dan dié data vir ongemagtigde transaksies.
  • Gebruik kitsbanke in veilige, goed verligte gebiede, verkieslik binne banke.
  • Bedek die toetsbord wanneer jy jou PIN intik en kyk uit vir verdagte toestelle by die kitsbank.

Straatbedrog en sakkerollery 

  • Op besige plekke lei bedrieërs toeriste se aandag af deur verskeie taktieke te gebruik soos om vir aanwysings te vra, ’n rumoer te skep of voor te gee om hulp aan te bied terwyl hul makkers waardevolle items steel.
  • Bly waaksaam in stampvol plekke, hou waardevolle items veilig en knip geselsies kort met vreemdelinge wat ongevraagde hulp aanbied.

Vals polisie- of sekuriteitspersoneel

  • Soms gebeur dit dat bedrieërs in ’n polisie- of veiligheidswag se uniform toeriste voorkeer, hulle versoek om hul paspoort, ID of beursies te sien en die geleentheid gebruik om kontant of waardevolle items te steel.
  • Vra altyd vir amptelike identifikasie en as jy onseker is, dring daarop aan om saam met hulle na die naaste polisiekantoor te gaan.

‘Hulpvaardiges’ by kitsbanke of vulstasies 

  • Bedrieërs bied ongevraagde hulp aan by kitsbanke, vulstasies of parkeermeters.
  • Hulle kan jou aandag aflei en jou kaart of kontant steel terwyl hulle voorgee om te help.
  • Wys enige hulp beleefd van die hand veral wanneer jy met geld of bankkaarte werk.
  • Hou altyd ’n oog op jou besittings.

Stamp-en-gryp-motorbedrog 

  • Bedrieërs skep ’n klein motorongeluk om die bestuurder se aandag af te lei en hom te beroof, veral wanneer hy uitklim om die skade te bepaal.
  • Hou deure gesluit en vensters toe veral in onbekende gebiede.
  • As jou motor gestamp word, ry na ’n veilige, goed verligte plek voordat jy stop.

Huurmotorbedrog 

  • Sommige bedrieërs bedryf vals motorhuurdienste wat deposito’s of huurgelde insamel, maar geen motors verskaf of swak versorgde en onveilige voertuie gebruik.
  • Huur motors slegs by bekende, betroubare maatskappye en moenie groot bedrae vooruit betaal nie.

Vals liefdadigheidsbedrog 

  • Bedrieërs wat voorgee om liefdadigheidswerkers of hul verteenwoordigers te wees nader toeriste en gebruik dikwels emosionele stories om geld te vra.
  • Weier hul versoek beleefd en doen navorsing oor wettige liefdadigheidsorganisasies as jy geld wil skenk.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.