South Africa
Shivambu hang rooi baret op, sluit by MKP aan─── 06:26 Fri, 16 Aug 2024
“Floyd is vir my nie net ’n kameraad nie, hy is ’n broer en hy sal ’n broer bly, selfs wanneer sy politieke loopbaan ’n ander koers inslaan.”
Floyd Shivambu het bevestig hy gaan nie meer sy rooi baret dra nie.
Die EFF se adjunkpresident het Donderdagmiddag die media by die Winnie Madikizela Mandela-huis in Johannesburg toegespreek.
“Die voorsitter van Wyk 44 Johannesburg het my meegedeel dat my lidmaatskap van die EFF verval het, en ek het gesê: ‘Wees asseblief ingelig dat ek nie my lidmaatskap van die EFF in Wyk 44 sal hernu nie’,” het hy gesê.
“The time comes in the life of any nation when there remain only two choices – submit or fight. That time has now come to South Africa. We shall not submit and we have no choice but to hit back by all means in our power in defence of our people, our future, and our freedom”. 16… pic.twitter.com/2xS611z5l2
— Floyd Shivambu (@FloydShivambu) August 15, 2024
“Ek versoek ook om uit my posisie as Parlementslid en alle poste in die EFF te bedank.”
Shivambu, wat die EFF-adjunkpresident was sedert die party meer as ’n dekade gelede gestig is, hang sy rooi oorpak op in ruil vir iets groen.
“Ek sal aansluit by en deelneem aan die uMkhonto weSizwe Party (MKP) se aktiwiteite. Ek gaan nie hier in Winnie Madikizela Mandela-huis praat oor die redes daarvoor nie, want dit sal neerkom op ’n veldtog vir die MKP.”
I salute you my #CommanderInChief (#CIC). President @Julius_S_Malema
— Carl Niehaus (@niehaus_carl) August 16, 2024
One soldier does not leave another soldier behind on the battlefield!
We as bona fide members of the @EFFSouthAfrica will remain and soldier on. #VivaEFF! ???#VivaPresidentJuliusMalema! ???
A LUTA CONTINUA pic.twitter.com/RCNmaiTNWx
Julius Malema, EFF-leier, het die mediakonferensie toegespreek ná Shivambu se aankondiging. Hy het gesê hy ervaar dieselfde emosies as toe sy ma oorlede is. Dié twee was saam in die ANC-jeugliga en is albei destyds geskors.
“Floyd is vir my nie net ’n kameraad nie, hy is ’n broer en hy sal ’n broer bly, selfs wanneer sy politieke loopbaan ’n ander koers inslaan,” het Malema gesê. “Ons het hierdie organisasie saam gestig.”
Malema het aangekondig dat Mzwanele Manyi, EFF-LP, ook bedank het. Manyi dien ook as woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting.
OFM Nuus cg