On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

95 Libiërs van basis in Mpumalanga in hof verwag

───   08:30 Mon, 29 Jul 2024

95 Libiërs van basis in Mpumalanga in hof verwag   | News Article
Die opleidingsentrum in Mpumalanga lyk meer na ’n militêre opleidingsbasis. Foto: X

“Die basis is wettig hier, maar word verder ondersoek want wat hier aangaan, voldoen nie aan die vereistes nie. Daar is ’n verskil tussen dít waarvoor aansoek gedoen is en wat hier aan die gang is.”

Die 95 Libiese burgers wat in hegtenis geneem is by ’n beweerde onwettige militêre basis net buite Witrivier in Mpumalanga, sal na verwagting Maandag (29/7) in die hof verskyn. Hulle het glo bedrog met hul visums gepleeg en die land deur Tunisië binnegekom.

Hulle word van die oortreding van die immigrasiewet aangekla. Die Senzo Mchunu, minister van polisie, het die basis Saterdag (27/7) besoek.

Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het bevestig dat wettige vuurwapens gevind is, maar dit lyk nie of dit gebruik is nie. Beslag is glo gelê glo op vuurwapens, militêre toerusting, kokaïen, dagga en ander onwettige middels.

’n Gimnasium en skietbaan is ook op die privaat grond aangetref. Mchunu het Saterdag gesê dit is nie deel van die beoogde doeleindes van ’n opleidingsbasis vir veiligheidswagte nie.

Sekuriteitswag-opleidingskamp kry militante kleur

“Die basis is wettig hier, maar word verder ondersoek want wat hier aangaan, voldoen nie aan die vereistes nie. Dít waarom aansoek gedoen is en wat hier aan die gang is, verskil.”

Binnelandse Sake het die visums van die 95 Libiërs, wat in Mpumalanga in hegtenis geneem is, gekanselleer weens die oortreding van die visumvereistes. Hulle is steeds in polisieaanhouding.

Die 95 Libiërs wat in Mpumalanga in hegtenis geneem is. Foto: X

“Dit is duidelik dat hulle onwettig hier is omdat hul aansoeke oortredings gehad het. Daarom wil ons hulle so gou moontlik uit die land hê,” sê Mchunu.

Hy sê samesprekings tussen Suid-Afrikaanse en Libiese amptenare sal waarskynlik in die komende dae volg.

“Daar is aanduidings dat die Libiese regering dalk met Suid-Afrika hieroor wil praat, maar ons is nog nie daar nie. Dit kan tot ’n presidensiële vlak beperk word.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.