On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Bloemfontein se Willem Postma Primêr sing goue toekenning los

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:35 Fri, 26 Jul 2024

Bloemfontein se Willem Postma Primêr sing goue toekenning los | News Article
Willem Postma Primêr se koor in die Kaapse stadsaal. Foto verskaf

“Die skool is die enigste laerskool uit die Vrystaat wat tot die finaal deurgedring het.“

’n Bloemfonteinse laerskoolkoor keer terug van die ATKV-Applous-koorkompetisie met ’n goue toekenning.

“Die Primêre Skool Willem Postma se senior koor het Woensdag (24/7) in die Kaapse stadsaal aan die eindronde van die gesogte kompetisie deelgeneem,” sê Lynette Liebenberg, leier van die koor wat uit 80 lede bestaan wat wissel van gr. 5 tot gr. 7.

Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in die land en het skoolkore met die jare die geleentheid gebied om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef.

Die skool is die enigste laerskool uit die Vrystaat wat tot die finaal deurgedring het. Foto verskaf

Die eerste kore en koormusiek waarvoor bewyse bestaan, dateer terug na omstreeks 200 v.C. in Griekeland. Die struktuur was Delfiese gesange. Omstreeks 200 n.C. het Mesomedes koormusiek gekomponeer.

“Die kompetisie het verskillende afdelings waaraan meer as 200 skole van oor die land heen deelgeneem het. Uit elke afdeling word ongeveer ses kore genooi om aan die eindronde deel te neem. Hierdie finale rondes vind oor vier aande plaas, met 40 kore,” sê sy.

In die finaal moes die koor vier stukke sing: een voorgeskrewe lied, een eie keuse in enige taal, een lied in ’n Afrikataal, en een Afrikaanse komposisie.

Die koor bestaan uit 80 lede van gr.5 tot gr. 7. Foto verskaf

“Om vir die Applous te kwalifiseer kon skole hul kore inskryf vir streekskompetisies wat in Mei oor die land heen en in Namibië met dieselfde reisende beoordelaars plaasgevind het.” Op grond van daardie punte kies hulle die skole met die beste punte landwyd.

In 2023 en vanjaar het ’n rekordgetal van meer as 200 skole ingeskryf. Liebenberg sê om na die eindronde genooi te word is ’n groot voorreg en prestasie vir elke skool wat deelneem en '’n beloning vir die baie ure se kooroefening.

Tussen al die sang deur het die koor darem kans gekry om Kirstenbosch, die Twee Oseane-akwarium en die Kasteel te besoek.

Willem Postma Primêr is trots op sy koor se prestasie. Foto verskaf

Eunice Vitae Cantamus, een van die topskoolkore in Bloemfontein, neem Saterdagaand (27/7) deel aan die Prestige-meisieskolesang. Hulle is ook die enigste Vrystaatse hoërskoolskoor wat deurgedring het tot die finaal.

OFM Nuus/Charne van der Merwe  dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.