On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

South Africa

McKenzie benadeel superaanhangers, kreatiewes – ANC-jeugliga

───   06:25 Thu, 11 Jul 2024

McKenzie benadeel superaanhangers, kreatiewes – ANC-jeugliga | News Article
Mama Joy met haar aanhangers. Foto: Facebook

“McKenzie moet eerder die departement verstaan en positiewe verhoudings met kunstenaars en superaanhangers bevorder, as om hulle aan te val.”

Die ANC-jeugliga het Gayton Mckenzie, minister van sport, kuns en kultuur, se besluit gekritiseer om die finansiering van reise vir sogenaamde superaanhangers, insluitend Mama Joy Chauke en Botha Msila, te staak.

McKenzie het die aankondiging Dinsdag op X gemaak en gesê die fondse wat vir superaanhangers gebruik is, nou sal gaan waar dit die nodigste is.

Hy het die aankondiging sowat twee weke voor die begin van die Olimpiese Spele in Parys gemaak.

“Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se primêre rol is om ’n gunstige omgewing vir ons kunstenaars te skep en hulle die ondersteuning te bied wat hulle nodig het om uit te blink. Dit sluit die erkenning en viering van superaanhangers in, soos Mama Joy Chauke, wat ons nasionale spanne passievol ondersteun,” het Zama Khanyase, ANC-jeugliga se woordvoerder gesê.

Dié jeugliga is nie die enigste organisasie wat McKenzie vir sy optrede kritiseer nie.

Die lys

Nadat die BET-bekroonde musikant Makhadzi aangekondig het dat sy verlede week haar eie geld gebruik het om die BET-toekennings in die Verenigde State by te woon, het die departement ’n lys geplaas van kunstenaars en musikante wat by die Covid-19-hulpfonds baat gevind het.

Die Covid-19-hulpfonds het ten doel gehad om die kreatiewe bedryf tydens die 2020/21-inperking by te staan.

‘Die departement verwerp dus die idee’

Begunstigdes sluit in die Rebecca Malope-stigting, Abanye Bayombona Music Production CC (Deborah Fraser), Arthur Mafokate en sy seun en Betusile Mcinga.

In reaksie op Makhadzi se eise het die departement gesê hy het Makhadzi ondersteun (R230 000) tydens optredes.

“Die departement verwerp dus die idee van kreatiewe mense wat wel ondersteuning van die departement ontvang het, maar voorgee dat hulle nie ondersteuning ontvang het om hul drome na te streef nie.”

Khanyase sê McKenzie moet eerder die departement verstaan en positiewe verhoudings met kunstenaars en superaanhangers bevorder, as om hulle aan te val.

“Die Parlementêre Komitee vir Sport, Kuns en Kultuur moet die departement verantwoordelik hou vir hierdie aksies. Ons eis dat die departement sy pligte nakom terwyl die beginsels van Batho Pele gehandhaaf word en billike en respekvolle behandeling van alle belanghebbendes verseker word.


“Die ANC-jeugliga sal nie terugsit en toekyk hoe die departement kunstenaars en superaanhangers benadeel nie.”

OFM Nuus cg



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.