South Africa
Soektog na vermiste Joshlin Smith kring uit na Londen─── 10:00 Mon, 08 Apr 2024

“Interpol is ingespan om te help met die verdwyningsaak van Joshlin Smith.”
Die soektog na die vermiste Joshlin Smith (7) is reeds in sy tweede maand met Bheki Cele, die minister van Polisie, wat vroeër die week onthul het dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nou saam met Interpol werk om haar op te spoor.
Joshlin, van Middelpos naby Diazville, in Saldanha, het op 19 Februarie vermis geraak.
Cele, wat die armoede-geteisterde Weskus-gemeenskap op 2 Maart besoek het, het verlede week aan die SABC gesê die polisie het hul soektog na buite Suid-Afrika se grense uitgebrei, in noue samewerking met Interpol en ander “susterorganisasies”.
#PoliceMinistry The Minister of Police, General Bheki Cele is leading a delegation in visiting the family providing them with an update on the progress of the investigation into the disappearance of Joslin Smith who went #missing on 19/02. ME pic.twitter.com/xDUIRWlf9Q
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) March 2, 2024
Volgens hom het ’n uitgebreide soektog op ’n skip, wat in ’n Londense hawe geanker was, ongelukkig geen resultate opgelewer nie.
Dié skip in Londen is deurgesoek omdat inligting ontvang is wat beweer het dat sy moontlik daarop kon wees. The Citizen het berig dit het sowat twee en ’n half dae geneem om dit te deursoek, maar sy kon nie daar gevind word nie.
“Die net word ver buite die grense van Suid-Afrika gespan,” het die polisieminister in die onderhoud gesê.
South Africa has the same amout of kidnappings per month that Mexico has per year. Let that sink in.
— Ian Cameron (@IanCameron23) December 9, 2022
Cele het bygevoeg dat die jongste items wat vir DNS-toetse geneem is, nie positief met Joshlin verbind kan word nie. Dit kan egter nie deur die polisie geverifieer word nie aangesien sulke sensitiewe inligting eers in die hof bekend gemaak sal word sodra die ondersoek afgehandel is.
Joshlin se ma Kelly Smith, Jacquin 'Boeta' Appollis, en hul goeie vriend Steveno van Rhyn keer op 13 Mei terug na die Vredenburg-landdroshof op aanklagte van mensehandel en ontvoering, saam met Lourentia Lombaard, wat die mees onlangse verdagte is wat op 15 Maart in hegtenis geneem is.
Volgens die polisie het Lombaard, wat alombekend is as Renze in die Middelpos-gemeenskap, 'n bekentenis afgelê in verband met die verdwyning van Joshlin. Eric Ntabazalila, NVG-streekwoordvoerder, het gesê die besonderhede van die bekentenis sal eers in 'n later stadium verskaf word.
Die vier verdagtes – Jacquin ‘Boeta’ Appollis, Steveno van Rhyn, Racquel “Kelly” Smith en Lourentia “Renz” Lombaard – het almal hul borgtogaansoeke laat vaar en verkies om agter tralies te bly.
Enigiemand met inligting oor waar Joshlin haar bevind, word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111, of SMS Crime Line by 32211.
Dié saak het weereens die vreesaanjaende pandemie van vermiste kinders in Suid-Afrika beklemtoon. Dit lyk asof kinders in Suid-Afrika net spoorloos verdwyn.
She’s not the first and won’t be the last. Still no visible services in Saldanha Bay to identify and rescue the many other Joslin Smiths. Department of Social Development who’s the custodians is the Children’s Act should be out in full force???? https://t.co/Nof1gWEQCv
— Dereleen James (@dereleenj) April 4, 2024
Daar is kinders wat al jare vermis word en hul sake is steeds onafgehandel aangesien daar geen nuwe leidrade is nie. Alhoewel honderde kinders vermis bly, kry hulle nie dieselfde blootstelling nie.
Die nasionale woordvoerder, brigadier Athlenda Mathe het die jongste statistieke van September 2023 tot 27 Februarie 2024 gedeel.
Gedurende hierdie tydperk is ’n totaal van 348 kinders regoor die land as vermis aangemeld, 207 van daardie kinders is óf gevind óf het vrywillig teruggekeer. Daar word steeds 141 kinders in Suid-Afrika vermis.
“Die SAPD reik ’n Amber Alert uit sodra die Buro vir Vermiste Persone dit versoek.
“Die beskerming van kinders bly 'n prioriteit vir die SAPD en veral klein kinders moet nooit sonder toesig gelaat word nie. As ’n kind uit sig van die toevertroude persoon is, word die moontlikheid van skade aan die kind werklik,” het Mathe gesê.
Carte Blanche: Rise in Child Kidnappings in South Africa - Why Your Kid Could be a Target, and How to Prevent It - SAPeople - Your Worldwide South African Community https://t.co/ATXrSqpXib
— Tania Green (@sagg73) January 12, 2020
Kriminoloog en Nasionale Koördineerder vir Vermiste Kinders Suid-Afrika, Bianca van Aswegen, sê statistieke gee slegs ’n algemene aanduiding van die situasie wat ons in die gesig staar, aangesien baie sake nie aangemeld word nie weens redes soos om in landelike gebiede te woon en nie ’n saak te open nie, of families wat gedreig word, veral in ontvoeringsake. Sy het gesê die probleem is veel erger as wat die statistieke ooit vir ons sal kan sê.
Van Aswegen het ook gesê daar is ’n jaarlikse toename in die aantal vermiste kinders wat by die organisasie aangemeld word.
“Ons sien jaarliks ’n toename in die aantal sake wat by ons organisasie aangemeld word. Ontvoerings en mensehandel eskaleer in ons land,” het Van Aswegen gesê.
Don’t these children matter too?
— Ian Cameron (@IanCameron23) April 1, 2024
Over the last few weeks I felt disgusted to see some politicians and so-called 'leaders' crawl out of the woodworks to abuse the case of little Joshlin Smith from Saldanha for election campaigns. The community will long still be dealing with… pic.twitter.com/WyZtQyGrqy
“Ons het verskeie redes waarom kinders vermis word, dit sluit in kinders wat van die huis af wegloop, meestal weens mishandeling; kinders wat verdwaal, soos ons verstandelik gestremde kinders; dan het ons ontvoerings waar lospryse geëis word; asook ouerlike ontvoerings en opportunistiese ontvoerings,” het sy gesê.
“Mensehandel vind plaas om verskeie redes, seksuele uitbuiting, dwangarbeid, onwettige aannemings, orgaanhandel en bedelsindikate.”
?????? Warning Heartbreaking Clip??
— Concerned Citizen (@BGatesIsaPyscho) April 1, 2024
Young children found & saved from back of lorry in London.
At the heart of all the evil that’s grasped the World is a deeply sinister child trafficking operation at the behest of the so called elites.
It must be defeated. pic.twitter.com/bmIfKybjic
“Wat ontvoerings betref, word kinders gewoonlik vir opportunistiese redes gevat. Daar word dikwels gevind dat hulle verkrag en vermoor word, waar slagoffers van losprys-ontvoerings vrygelaat sal word wanneer geld betaal word. Mensehandel is baie moeiliker aangesien slegs ’n klein persentasie van slagoffers ooit gevind word”.
Van Aswegen het wenke gegee oor wat om te doen wanneer ’n kind vermis word:
- Indien ’n kind vermis word, meld die saak dadelik by die naaste polisiekantoor aan, aangesien daar geen wagtydperk meer is om ’n vermiste persoon aan te meld nie
- Hoe vinniger die saak aangemeld word, hoe vinniger kan opgetree word.
- Hou te alle tye ’n onlangse foto van jou kind vir ingeval jy jouself in só ’n situasie sou bevind waar jou kind vermis geraak het.
- Kontak Vermiste Kinders Suid-Afrika onmiddellik vir bystand.
Missing Children South Africa kan gekontak word by 072 647 7464 of via hul sosialemediaplatforms of hul webwerf.
OFM Nuus cg