On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

South Africa

‘Meer as R100 miljard verlore weens afpersing in konstruksiebedryf’

───   09:27 Sun, 10 Sep 2023

‘Meer as R100 miljard verlore weens afpersing in konstruksiebedryf’ | News Article

Die probleem met konstruksiemafia het in 2014 in KwaZulu-Natal begin en het sedertdien na ander provinsies versprei.

Sommige lede van die konstruksiebedryf sê meer as R100 miljard is weens afpersing verlore. Dit het tydens die jaarlikse Meesterbouers Suid-Afrika 2023-kongres in Kaapstad aan die lig gekom.

Die bedryf sê hy worstel met ’n aantal faktore soos die afname in ekonomiese groei in die land, vertraagde betalings van die staatsdiens, stadige transformasie en korrupsie.

Die president van Master Builders South Africa, Musa Shangase, sê die probleem met konstruksiemafia het in 2014 in KwaZulu-Natal begin en het sedertdien na ander provinsies versprei.

Die Meesterbouers-jaarkongres is 'n groot hoogtepunt op die konstruksiebedryfkalender. Dit is daarop gemik om onmiddellike kwessies en geleenthede binne die Suid-Afrikaanse bou- en konstruksiebedryf aan te spreek.

Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê hy is vol vertroue dat sy departement uiteindelik die oorlog teen die sogenaamde konstruksiemafia sal wen.


Hy het onlangs aangekondig dat die regering 'n oproepsentrum oprig om die sektor toe te laat om enige ontwrigting by konstruksieterreine aan te meld.

Hy het gesê die oproepsentrum sal wetstoepassing toelaat om vinnig op te tree teen diegene wat betrokke is by afpersing, kaping en ontwrigting van konstruksieterreine.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.