South Africa
Eskom wissel fases 3 en 4 beurtkrag af─── 06:14 Mon, 03 Apr 2023

Eskom sê fases 3 en 4 beurtkrag sal tot verdere kennisgewing daagliks afgewissel word.
Fase 3-beurtkrag sal daagliks vanaf 05:00 tot 16:00 ingestel word terwyl fase 4-beurtkrag vanaf 16:00 tot 05:00 die volgende dag toegepas sal word.
Hierdie patroon sal daagliks herhaal word.
Opwekkingsvermoë van 15 148MW is tans afgeskakel weens onbeplande herstelwerk, terwyl ’n bykomende 7 417MW se opwekkingsvermoë afgeskakel is vir beplande instandhouding met die oog op die winter wat voorlê.
’n Opwekkingseenheid elk is oor die naweek by Kriel-, Matimba-, Matla- en Tutuka-kragstasies ingestel, terwyl ’n opwekkingseenheid elk by Duvha-, Hendrina- en Kriel-kragstasies herstelwerk ondergaan.
Vertragings in die herstel van eenhede by Duvha- en Tutuka-kragstasies dra by tot beperkte opwekkingsvermoë, sê Eskom.