On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Water, finansies bo-aan nuwe Tshwane-burgemeester se lys

───   05:52 Wed, 29 Mar 2023

Water, finansies bo-aan nuwe Tshwane-burgemeester se lys | News Article
Cilliers Brink, nuut-verkose burgemeester van die Stad Tshwane.

Cilliers Brink, raadslid van die Demokratiese Alliansie, is as die Stad Tshwane in Pretoria se nuwe uitvoerende burgemeester verkies.

Brink het 109 stemme gekry terwyl die Cope-raadslid Ofentse Moalusi 102 stemme gekry het.

Die metroraad is sonder 'n leier sedert die voormalige burgemeester, Murunwa Makwarela, in hegtenis geneem is vir die vervalsing van 'n sertifikaat van insolvensie-rehabilitasie, berig eNCA.

Brink het inwoners verseker dat die stad se finansies ‘n prioriteit is en dat wateruitdagings, veral in die Hammanskraal-omgewing, dringend aangespreek sal word.

“Die probleem met Hammanskraal is dat die kapasiteit van die aanleg om afvalwater te behandel al vir baie jare deur aanvraag oorskry word,” sê Brink.

“Baie kapitaalinvestering gaan nodig wees vir 'n volledige opgradering van die aanleg. Ons is nie tevrede met die kontrakwerk wat gedoen is om die aanleg op te knap nie. Ons koalisievennote het gesê dit is prioriteit. So, ons moet ’n oplossing vind vir die mense van Hammanskraal of ten minste ’n realistiese tydlyn gee.”

Brink sê hulle sal na Kaapstad kyk as ’n bloudruk om die stad se finansies te herstel.

“Ons kyk wel na suksesverhale in die Wes-Kaap, Kaapstad, plekke waar die regering gevestig is en ons put inspirasie daaruit. Maar ons wil 'n plan implementeer om 'n bekwame staat en 'n sterk koalisie in die noorde van die land te bou. Ons moet beheer oor Tshwane se finansies kry en ons aansien in ooreenstemming bring met wat die stad realisties kan insamel,” het Brink aan SABC-nuus gesê.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.