On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

‘Pasiënte het reg op gesondheidsorg’

───   18:18 Fri, 10 Mar 2023

‘Pasiënte het reg op gesondheidsorg’ | News Article

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging het stakende gesondheidsorgwerkers daaraan herinner dat hul reg om te staak nie hul professionele en morele verantwoordelikheid vervang om die verbruikers van gesondheidsorg tot diens te wees nie.

Die hoof van die raad, prof. Ntombi Mtshali, sê die raad sal stappe doen teen verpleegsters wat hul aan onprofessionele gedrag skuldig maak.

“Die raad prys maatreëls wat ingestel is, dit wil sê die hofinterdik, om intimidasie te hanteer en sien uit na ingrypings wat sal verseker dat pasiënte nie hul reg op gesondheidsorgdienste ontsê word nie.

“Ons doen 'n beroep op die regering as werkgewer en die vakbonde om saam te werk om hierdie dispuut wat pasiënte se lewens bedreig en steeds bedreig, vinnig op te los.

“Laat ons almal onthou dat gesondheid 'n mensereg is.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.