On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

‘Vader van Tegnopark’ sterf

───   18:35 Fri, 13 Jan 2023

‘Vader van Tegnopark’ sterf | News Article
Prof. Christo Viljoen.

Die 85-jarige prof. Christo Viljoen (85), voormalige dekaan van die fakulteit ingenieurswese en president van die konvokasie by die Universiteit Stellenbosch (US), is Vrydagoggend oorlede. Talle huldeblyke is op sosiale media gedeel.

Die burgemeester van Stellenbosch, Gesie van Deventer, het in ’n Facebook-plasing namens die raad van Stellenbosch-munisipaliteit haar medelye met die familie en vriende van Viljoen betuig. “’n Groot reus van ons gemeenskap het geval.

“Prof. Viljoen het diep spore in ons gemeenskap getrap en sy bydrae tot die akademie en ontwikkeling van ons dorp, sal nooit vergeet word nie.

Viljoen was vir jare aan die US verbonde; as senior lektor, professor in elektroniese ingenieurswese, dekaan van ingenieurswese en viserektor: bedryf van die US.

Hy is bekend as die “Vader van Tegnopark”.

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het aan Viljoen hulde gebring as 'n “getroue medewerker” van die WAT. “Hy het vir baie jare het gehelp dat veral tegniese terme uit die elektroniese en elektriese ingenieurswese se definisies korrek en in gebruikersvriendelike Afrikaans in die WAT opgeneem is.”

Die Hugenote-vereniging van Suid-Afrika het ook met leedwese verneem van die heengaan van hul bestuurslid. “Hy was 'n lewenslid van die vereniging, bestuurslid vanaf 1998 tot hede en voorsitter van 2003 tot 2013. Hy was ook die outeur van die Viljoen-familieregister en mede-outeur van die Pienaar-register. Ons eer sy nagedagtenis.”

Viljoen laat sy vrou, drie kinders en sewe kleinkinders agter.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.