On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Suid-Afrika kry blinknuwe munte in 2023

───   16:53 Mon, 28 Nov 2022

Suid-Afrika kry blinknuwe munte in 2023 | News Article
FOTO: SA Reserwebank

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ’n nuwe muntreeks vir 2023 bekend gestel. Dit sal vanaf 1 Januarie as wettige betaalmiddel aanvaar word.

BusinessTech berig dat Suid-Afrika se vierde muntreeks vir die eerste keer op 31 Augustus 2022 aangekondig is, waarna die kabinet die nuwe dimensie, ontwerp en samestelling van die munte goedgekeur het.

Die grootste verandering in die muntreeks is dat die woord “Suid-Afrika” aan die een kant van die munte ingevoeg word en in al die amptelike tale gedruk sal word.

Die munte sal op 'n rotasiestelsel gemunt word met die gebruik van al die amptelike tale wat oor 'n sekere tydperk op die munt gedruk word. Vir die volgende tien jaar sal die tale jaarliks afgewissel word. 

Die ontwerpe het ook ander veranderinge ondergaan - insluitend veranderinge aan sommige van die diere wat op die munte verskyn.

Die huidige denominasies vorm deel van die derde muntreeks en is al sedert 1989 in omloop. Mettertyd het die 1c-, 2c- en 5c-munte uit produksie geval – die munte wat gebruik is om voëls uit te beeld, terwyl die 10c-, 20c- en 50c-munte blomplante uitbeeld, naamlik die arumlelie, koningprotea en strelitzia. 

Denominasies van R1 of meer weerspieël diere in plaas, die springbok, die koedoe en die swartwildebees of gnu.

In die vierde muntreeks spog die nuwe R5-munt met 'n walvis, die R2 wys twee springbokke en die R1 is die skilderdoek vir drie verskillende soorte proteas. 

Die nuwe 50c-munt vertoon 'n loerie, die 20c 'n aalwyn en vir die eerste keer word 'n insek, naamlik 'n by (op die nuwe 10c), op 'n Suid-Afrikaanse munt vereer. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.