South Africa
SANTACO neem afstand van #NationalShutdown─── 15:45 Thu, 09 Jun 2022
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (SANTACO) ontken enige betrokkenheid by die beplanning van 'n nasionale stilstand more - wat opslae maak op sosiale media.
Dit kom nadat SANTACO en die National Taxi Alliance na bewering vakbondfederasies soos COSATU en die burgerlike samelewing gevra het om kragte saam te span vir 'n nasionale stilstand.
Die National Taxi Alliance dreig om die land tot stilstand te bring indien onderhandelinge met die regering 'n dooiepunt bereik - wat daartoe gaan lei dat duisende gebruikers van openbare vervoer more gestrand gelaat gaan wees.
In die Noordkaap se ZF Mgcawu streek, het die voorsitter van die taxi raad, Vernon Oor, diegene wat van openbare vervoer gebruik maak gerusgestel en gesê alle openbare vervoer gaan more in die streek soos normaal funksioneer.
OFM Nuus / Roderick Titus