On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Hardloop eis sy tol

───   15:35 Wed, 16 Apr 2025

Weird Wide Web: Hardloop eis sy tol | News Article
Kelvin Kiptum, die Keniaanse marathonloper. Foto: X

Kenners meen hardlopers se liggame kan baie nodig “breinvet” verloor as hulle nie genoeg koolhidrate inneem wanneer hulle hardloop nie.

’n Studie het aan die lig gebring dat hardlopers se liggame vet begin afbreek wanneer daar nie koolhidrate uit voedsel beskikbaar is nie – en kenners glo dat dié vet selfs uit dele van die brein onttrek word, wat moontlik die funksionering van die orgaan kan beïnvloed.

MRI-skanderings ná ’n marathon op agt mans en twee vroue het ’n afname getoon in miëlien, ’n vetterige omhulsel wat senuwees beskerm en elektriese seine vinniger laat beweeg.

Dr. Carlos Matute van die Universiteit van die Baskeland in Bilbao, Spanje, het gesê daar is “omvattende” veranderinge opgemerk in breingebiede wat met koördinasie, sintuie en emosies geassosieer word – hoewel opvolgskanderings twee maande later getoon het dat die miëlienvlakke weer normaal was.

Die wetenskaplike glo vas dat miëlien ’n rol speel in die voorsiening van energie aan die brein wanneer energiebronne min raak.

Dr. Matute het gesê: “Ons bevindings toon dat die hardloop van ’n marathon die miëlien-waterinhoud in die witstofgebiede van hardlopers verminder.

“Dit kan ’n nuwe perspektief open op miëlien as ’n energiestoor wat beskikbaar is wanneer die brein se gewone voedingstowwe op raak.”

Hy het bygevoeg: “Dit sal belangrik wees om te evalueer of hierdie veranderinge die brein se funksies beïnvloed.”

Lees meer

OFM Nuus  mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.