On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou vind haar suster se dubbelganger op sosiale media

───   15:44 Thu, 23 Jan 2025

Weird Wide Web – Vrou vind haar suster se dubbelganger op sosiale media | News Article
Foto: HDA Doppelgänger database

Die vroue, albei 42, woon skaars 20 minute uitmekaar en het uiteindelik ontmoet via ’n gemeenskaplike vriend wat geglo het hulle is dubbelgangers.

Op Facebook het Jules geskryf: 

“Dit is WILD vir my. Ek het ’n tweelingsuster, maar dit is nie sy nie. 

“Hierdie vrou woon in ’n ander dorp naby aan my en mense verwar ons gereeld met mekaar. Ek dink dit is die mees fassinerende ding! Ek wens ek het beter foto’s, want ons lyk vreeslik baie soos mekaar!” 

Jules het selfs ’n foto van Robynne aan haar pa gewys, wat klaarblyklik nie besef het dat die vrou op die foto nie sy dogter was nie.

Oor die oomblik toe hulle mekaar vir die eerste keer in lewende lywe ontmoet het, het Jules bygevoeg:

“Ons het lekker gelag. Ons is albei besige mammas, maar ons geniet die snaakse situasie. Toe ek haar vir die eerste keer ontmoet, het ek haar omhels en gesê dit is ongelooflik om haar uiteindelik te ontmoet.

‘Dit was ’n bietjie creepy’

“Dit is ’n vreemde gevoel. Hoe gebeur so iets? Dit is ’n bisarre verskynsel en ek is doodverbaas dat dit kan gebeur.

“Dit was ’n bietjie creepy. Mense sê al lank ek lyk soos sy, en toe ek haar uiteindelik ontmoet, was ek stomgeslaan toe ek haar in die oë kyk.

“Mense weet ek en my tweelingsuster is verwant, maar niemand sou ooit na ’n foto kyk en wonder wie is wie nie. Ek vind dit interessant dat daar dalk meer as een van my dubbelgangers daar buite is.”

Mense vra gereeld of die twee vroue ooit ’n DNS-toets sou laat doen om te kyk of hulle op enige manier verwant is, maar hulle glo dit is bloot toeval.

“Ek dink dit is net toevallig. Ek dink nie daar is ’n dieper betekenis nie. Dit is nogal snaaks dat ons so naby aan mekaar woon,” sê Robynne. “Ek sien nie self die ooreenkoms nie, maar mense verwar ons heeltyd, so ons moet sekerlik baie dieselfde lyk.

“Ek sal in ’n kroeg of die kruidenierswinkel wees en vreemde mense sal my groet waarop ek hulle antwoord dat ek nie Jules is nie.”

Lees ook: 124-jarige se resep vir lang lewe: ‘Varkvet en stap ná ete’

Jules verduidelik dat alhoewel hulle so soortgelyk lyk, hulle nie dieselfde maniere deel soos sy en haar tweelingsuster nie. 

Maar dit lyk nie of mense oortuig is nie, met een wat aanlyn geskryf het: “Dit is ’n regte dubbelganger! Nie mense wat net toevallig hulle grimering doen om soos ’n beroemde persoon te lyk nie.”

Nog iemand het gesê: “Ek het vir ’n oomblik gedink ek kyk na vier foto’s van dieselfdepersoon.”

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.